0GnV5QMFoKUMnG-iw_4r-fQXLW33eNCk4XE7WTwjEcs
Mooimaak

Mooimaaksessie: Lezanne Abrahamse (38) – ‘Dit was ongelooflik om die verskil te sien’

Lezanne Abrahamse (38) van Mokopane in Limpopo werk vir KANSA. Haar man het haar bederf met ’n mooimaaksessie vir hul tiende huweliksherdenking. 

 

SZAL1OJelm_egM_oq1xtE6zZrt7PYgM15hfsP6Lfups

Wat sê Lezanne:

Beskryf jou klerestyl:

Modern en stylvol.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Dit was ongelooflik om die verskil te sien! Die personeel was ongelooflik van die begin tot einde, ek het meer soos ’n vriendin as ’n kliënt gevoel.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl te onderhou?

Baie maklik. Elke vrou verdien tyd vir haarself. As jy goed voel oor jouself, juis ná jy getroud is en kinders het, sal jy steeds jou man na sy asem laat snak. En jy kan ’n voorbeeld wees vir jou dogters. Ek het ’n drieling en ‘n agtjarige en dis belangrik om vir hulle ’n goeie voorbeeld te wees.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Ek voel weer pragtig.

8rLKNl7vE51xJbxFATtCkzrNeHabHmZxC589GtecmjQ

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ons het Lezanne se hare binne minute van kort na baie lank getransformeer met inknip-haarverlengings. Dit skep ’n totaal ander voorkoms! Ek het haar nuwe voorkoms gekomplementeer met ’n “smokey” oogskadu-effek in skakerings van bruin en swart. Vir ‘n glansryker voorkoms het ek vir haar ’n stel vals wimpers aangesit om haar oë nog verder te beklemtoon.

Stilis

Ons het besluit op ’n vrolike tog glansryke voorkoms vir Lezanne. Die ligte rokkies in sagte appelkoos en goud het baie mooi gelyk. Die steenkleurige trui is lospassend en het goed by Lezanne gepas.

Veronique Mills – fotograaf

Lezanne is nie mal oor die kamera nie, maar die foto’s het baie mooi uitgekom. Wat hierdie mooimaaksessie spesiaal maak, is dat Lezanne se man dit as geskenk vir hul tiende huweliksherdenking bespreek het.

 

Klere van Slate, Willowbridge

Hare gedoen deur Nadia van Prohair Studio, 021 914 2525

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za