FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – ma en dogter: “Almal kan glamorous wees!”

Sandra Venter (46) van Caledon is ’n spa-bestuurder en ‘n ma. Sy en haar dogter, Laetitia, probeer jaarliks om iets te doen wat buite hul gemaksone is – vanjaar is dit dié mooimaaksessie. Dié kamera-sku ma-en-dogter-duo het vinnig geleer dat enige Plain Jane glansryk kan lyk!

Voor- en ná-foto’s

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Sandra?

Beskryf jou klerestyl

My klerestyl is klassiek. Ek het nie voorheen geweet dat skakerings van nude my blou oë sou beklemtoon nie.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Met party makeovers lyk dit of die kliënte se grimering aangeplak is. Ek was baie beïndruk met my natuurlike dog glansryke voorkoms.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Die mooimaakspan was geduldig, professioneel en het ons gemaklik laat voel. Ek het eers gesukkel om on command vir die kamera te lag, maar dit was later heel natuurlik. Ons is ook daar weg met soveel mode-idees, want die hele span was baie vrygewig met hul raad.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?

Hulle was eers baie verbaas dat ek so iets sou doen en daarna het die komplimente ingestroom.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Ek het ná die mooimaaksessie baie meer selfvertroue. In die verlede het ek nooit geweet hoe om te glimlag sonder dat dit aangeplak lyk nie, maar nou doen ek dit natuurlik en is ook bewus van goeie postuur en hoe om my dubbele ken te versteek.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het vir albei dié dames ’n gesofistikeerde voorkoms gegee. Hul oë is met donker oogomlyner beklemtoon en hul lippe is met ’n skakering van pers gekleur om by hul ligte velkleur te pas. Die voorkoms is afgerond met ’n sterk wenkbrou, wat die oë raam.

Die stilis het vir Laetitia ’n pragtige geplooide, swart rok gekies. Sy het ook ’n vroulike toppie met kant-detail aangetrek, wat saam met goue bykomstighede gedra is.

Die kontras tussen haar donker hare en neutrale kleure het goed gewerk.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Een van Sandra se uitrustings was ook ’n swart rok. Sagte kleure pas ook baie goed by haar gelaat. Sandra se laaste uitrusting was ’n ligpienk rokkie met detail oor die bors.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Veronique Mills – fotograaf

Ma-en-dogter-sessies is altyd vir my baie spesiaal! Op die dag geniet ons vonkelwyn en iets te ete om die atmosfeer lekker ontspanne te maak. Dit is interessant om te sien wat die regte grimering, hare en klere aan iemand se selfvertroue kan doen. Ek staan altyd in verwondering as ek die voor- en ná-foto’s vergelyk. Dit is duidelik dat Sandra en Laetitia se selfvertroue ’n hupstoot gekry het!

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle by 079 737 7397 of info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

Kyk HIER na nóg mooimaaksessies