FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Moedersdag

Mooimaaksessie – Ma en dogter, Marlene (56) en Anri (17)

Marlene (56) en Anri Steenkamp (17) woon in Kanada. Marlene is ’n onderwys-assistent en wou haar dogter bederf.

Toe hulle in SA kom kuier het, het hulle dié mooimaaksessie by die Glamour Makeover-span bespreek.

Ma en dogter se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Marlene se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Anri se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Marlene?

Beskryf jou klerestyl en wat jy intussen wysgeraak het?

My klerestyl is baie vervelig. Ek dra hoofsaaklik wit en swart. Ek weet nou dat ander kleure jou sommer kan ophelder!

Wat het die mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Dit het my laat besef dat ek beter kan lyk as wat ek normaalweg lyk.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Anri?

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het gedink ek gaan mooi lyk, maar was verstom toe ek die resultaat sien.

Is dit maklik om jou nuwe styl vol te hou?

Nogals maklik, en ek sal terugkyk op dié foto’s as ek vashaak.

makeover LEES NOU BLOCKS

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Anri het die mooiste oë, blonde hare en ’n pragtige glimlag! Omdat sy nog jonk is, wou ek haar nie te veel grimeer nie. Ek het net die natuurlike kleur van haar lippe en wange beklemtoon en ’n oogskadu gebruik.

Marlene het weer diep donker oë wat by haar blas vel pas. Ek het vir haar ’n dramatiese voorkoms gegee deur met donker oogskadu te speel om vir haar ’n elegante voorkoms te gee.

Elaine, stilis

Ek is mal oor Anri en Marlene se kleredrag! Ek het besluit op swart vir ’n elegante voorkoms en sagte skakerings van pienk vir vroulikheid. Anri het speels en gemaklik gelyk in die pienk leerbaadjie met bypassende serp. Sy het gelyk soos ’n ware dame in die pienk rok. Marlene het elegant en stylvol gelyk in die lang swart rok met kantdetail. Sy het ook ’n pragtige pers oorvou-rok gedra wat haar liggaam so goed gepas het.

Veronique Mills – fotograaf

Ek het hulle so geniet! Hulle was albei gemaklik voor die kamera en dit is vir my as ’n dogter so spesiaal om foto’s van ma’s en dogters te neem.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span kom binnekort Pretoria toe om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za