FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Moedersdag

Mooimaaksessie – Ma en dogter, Nicolette (50) en Tharine (27)

Tharine Smith (27) van Wellington het vir haar ma, Nicolette (50), gesê hulle gaan na ’n skuba-klas, want sy wou haar ma met dié mooimaaksessie verras. Nicolette haat eintlik water en was nie baie lus vir die skuba nie. Maar toe sy by die Glamour Makeover-mooimaakspan se ateljee instap en besef dat sy om die bos gelei is, was sy in die wolke …

Tharine het dié mooimaaksessie vir haar ma se 50ste verjaarsdag gereël. Omdat sy nog altyd foto’s saam met haar ma wou hê, het ma en dogter albei mooimaaksessies ontvang. En die resultaat? Dié ma en dogter lyk eerder soos susters!

Tharine se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Nicolette se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Ma en dogter se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Tharine?

Wat was die lekkerste van dié mooimaaksessie?

Om dit saam met my ma te kon doen. Ons het saam gelag en nou het ek dié foto’s vir ewig.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Baie. Ek en my ma was na dié sessie na ’n inkopie-sentrum toe, en ek het vir haar gesê die mense kyk vir ons… ek dink hulle het gedink ons is modelle!

Is jou nuwe styl moeilik om vol te hou?

Seker nie te moeilik nie, maar ek sal verkies om my net op spesiale geleenthede so op te tof. Ek het wonderlike grimering-raad gekry!

Wat sê Nicolette?

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

Hulle het gesê: ‘Wow! Ongelooflik!’ Ek het bitter baie komplimente gekry.

Is jou nuwe styl moeilik om vol te hou?

My hare is baie dik, daarom sal ek dit nie elke dag uitblaas nie, want dit sal te lank vat. Ek sal ook nie elke dag so baie grimering dra nie, maar ek gaan definitief meer moeite met my voorkoms doen wanneer ek uitgaan.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Nicolette het die mooiste groot oë! Ek het haar oog gelig met ’n sterk swart jel-oogomlyner en afgerond met baie maskara. Om haar oë verder te beklemtoon het ek die donker dele onder haar oog met ’n corrector en verbloemer (concealer) ligter gemaak. Ek het haar voorkoms afgrond met ’n lipstiffie met ’n pers ondertoon.

Die appel val beslis nie ver van die boom af nie! Tharine het beslis haar ma se mooi groot oë geërf! Vir Tharine het ek ’n meer rokerige oog gegee en haar lippe met dieselfde pers lipstiffie afgerond. Die twee lyk soos susters!

Elaine, stilis

Ek het donker en warm kleure vir dié mooimaaksessie gekies. Nicolette se donker gelaat het gesorg vir ’n smeulende voorkoms in die tiervel bloes. Dit het haar figuur uitstekend gepas. Sy het die swart somersrokkie ook baie goed gedra. Tharine het pragtig gelyk in die swart rok met goue detail. Die swart leer baadjie het gelyk asof dit spesiaal vir Tharine gemaak is. Dit het uitstekend by haar gepas. Die turkoois rokkies het gesorg vir ’n bietjie kleur en albei het vrolik daarin gelyk.

Veronique Mills – fotograaf

Een van my gunsteling-mooimaaksessies is vir ma en dogter. Ek en my ma het self só sessie gedoen en dit is spesiaal om ’n dag saam met jou ma gepamperlang te word en ook mooi foto’s saam te hê.

Nicolette en Tharine is absoluut beeldskoon en so gemaklik voor die kamera. Nicolette is 50, maar so jonk van gees! Ek was mal oor die uitrustings wat so goed by hulle gepas het.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

 

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span kom binnekort Pretoria toe om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za