FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Moedersdag

Mooimaaksessie: Ma en dogter se Kersgeskenk ’n mooimaaksessie!

Lize-Mari Huysamen (31) het dié mooimaaksessie vir haar ma, Hanli, as Kersgeskenk gereël. Hanli (62) werk as spysenier in Pretoria en Lize-Mari is ’n bestuurskonsultant in die mynbedryf in Johannesburg.

Só het dié ma-en-dogter-mooimaaksessie gelyk:

Hanli se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Hanli?

Beskryf jou klerestyl, en vertel wat jy intussen wysgeraak het

Ek probeer die afgelope paar maande gewig verloor en was verbaas dat ek in ’n rok gepas het wat ek andersins nooit sou aanpas nie.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

My hare is in ’n ommesientjie in iets verstommends verander – ek het nie gedink dit is moontlik nie.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

’n Geweldige groot hupstoot gegee

Lize-Mari se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Lize-Mari?

Beskryf jou klerestyl, en vertel wat jy intussen wysgeraak het

Ek is baie prakties en gemaklik. Wanneer ek nie in my werksklere is nie, is dit jeans, harem-broeke en hempies. Tydens die mooimaaksessie het ek geleer om nie te skrik vir iets wat op ’n hanger lyk asof dit nie gaan werk nie – jy moet maar aanpas en vir jouself kyk.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ek was verbaas oor hoe natuurlik so “baie” grimering kan lyk.

Hoe maklik is dit om jou nuwe styl vol te hou?

Ek het darem ’n paar wenke gekry oor hoe om min grimering maklik en moeiteloos aan te wend sodat dit lyk asof ek moeite gedoen het.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het Hanli se oë beklemtoon met ’n sagte swart oogomlyner en lekker baie maskara om haar oë agter haar bril te laat uitstaan. Haar voorkoms is afgerond met ’n diep-pienk lipkleur wat haar ’n stralende voorkoms gee.

Die appel val beslis nie ver van die boom af met Lize-Mari nie! Sy het die mooiste hare en ek het dit ‘n vroulike voorkoms gegee met sagte krulle. Haar voorkoms is ook afgerond met ’n sterk pienk lip. Hierdie ma-en-dogter-sessie was so besonders en hulle het omtrent gestraal!

*Lees ook onderaan dié artikel hoe om die donker sirkels onder jou oë reg te verbloem!

Elaine, stilis

Ek het besluit op ’n vrolike somervoorkoms vir Lize-Mari. Die pienk rok het haar perfek gepas en omdat sy ’n uurglasfiguur het, het dit baie mooi aan haar gelyk. Die swart eenskouer-rok het haar ongelooflik laat lyk!

Hanli is mal oor blou, daarom het ek vir haar ’n oorvourok in kobaltblou gekies. Die oorvourok werk perfek vir enige figuur en die bypassende serp het die hele uitrusting opgehelder. Die swart rok met kantmoue laat haar baie modieus lyk, tog het sy gemaklik gevoel daarin.

Veronique Mills – fotograaf

Ek was verbaas hoe gemaklik Lize-Mari en Hanli voor die kamera was.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

3 stappe: verbloem donker kringe onder jou oë

Voor:

1 - BeforeNá:

4. AfterStap 1

Gebruik ‘n bietjie van Bobbi Brown se Corrector onder die oog. Dit is ’n romerige room in pienk of perske wat onder die oog aangewend word om donker kringe te neutraliseer. 

2. Met Bobbi Brown correctorStap 2

Wend nou Bobby Brown se Concealer aan. Dit is ’n onderlaag vir onder die oog en kom in verskillende skakerings.

3. Met Bobbi Brown concealerStap 3

Rond af met bietjie oogomlyner en maskara. Dit is so maklik en maak ’n groot verskil!

Bobbi Brown Corrector and Concealer

Wat hierdie mooimaaksessie spesiaal maak

Die spesiale deel van hierdie mooimaaksessie is dat Lize-Mari dit vir haar ma as present gegee het. Dit is ongelooflik spesiaal om vir hierdie ma en dogter mooi foto’s te gee van hulle saam.

Klere van Slate, Willowbridge

Ateljee: Kaimara in Lynnwood, Pretoria

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

Kyk HIER na nóg mooimaaksessies