FOTO:  FOTO: Veronique Mills

FOTO: FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Ma en dogters: “Ons het glad nie verwag om so glamorous te lyk nie!”

Karen Langley (49) van Langebaan aan die Weskus is ’n onderwyser in Koeweit. Dié mooimaaksessie was ’n manier om uit te vind of sy en haar dogters, Lauren (21) en Chantelle (15), soos glanspersoonlikhede kan lyk. Dit was ook natuurlik ’n wonderlike geleentheid om kosbare oomblikke tussen ma en dogters vas te vang.

Voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die Langleys?

Wat beskou jy as jou beste eienskap?

Karen hou baie van haar skouers, terwyl beide haar dogters hul bene as hul beste bate beskou.

Beskryf jul klerestyl, en wat julle intussen wysgeraak het?

Ons al drie hou van mooi aantrek – gemaklik, maar stylvol. Ons weet nou dat ons sekere klere kan dra wat ons nooit voorheen vir onsself sou koop nie.

Was julle verras om julself in die spieël te sien ná die mooimaaksessie?

Beslis! Ons kon nie glo dat dit ons is nie.

Wat was julle vriende/familie se reaksie?

Almal wat ons gesien het, wil nou self vir ’n mooimaaksessie gaan!

Wat het dié mooimaaksessie aan julle selfvertroue gedoen?

Ons het nou baie meer selfvertroue.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Karen het die mooiste, groot oë wat ek beklemtoon het met ’n brons oogskadu en donker oogomlyner. Ek het haar pigmentasie met onderlaag verbloem en haar voorkoms afgerond met ’n helder lipstiffie.

Lauren se glansryke voorkoms is met ’n rokerige grys en swart oog geskep. Haar wange en lippe is met bypassende pienk blos en lipstiffie afgerond.

Chantelle is die jongste van die twee susters en daarom het ek haar grimering sagter en jonger laat lyk. Ek het haar oë beklemtoon met baie maskara. Haar voorkoms is ook afgerond met sagte pienk blos en lipglans.

Delaney Siebert – haarstilis

Karen se kort hare pas baie mooi by haar gesig en die kuif versag haar hele voorkoms. Ek het haar hare bietjie volume gegee en haar punte reguit gemaak.

Chantelle het pragtige, lang hare met ’n natuurlike krul. Ek het ’n bietjie argan- en klapperolie aangewend voordat ek dit uitgeblaas het. Die olie maak die hare sag, gee dit ’n natuurlike glans en beskerm dit teen hitte. Haar hare is afgerond met sagte krulle.

Lauren se medium-lengte hare is perfek vir pragtige krulle om haar gesig sagter te laat vertoon.

Stilis

Ons het besluit op drie verskillende swart rokkies vir Karen, Lauren en Chantelle.

Karen het ’n pragtige figuur en ons het besluit op ’n lang rok met kant en ’n lae hals. Chantelle was geklee in ’n chiffon rokkie en Lauren in ’n swart rok met ’n V-lyn hals.

Veronique Mills – fotograaf

Ek het net voor dié sessie ’n nuwe agtergrond in sagte bruin gekry. Dit het so pragtig gewerk met die gesin se velkleur. Die swart rokkies was perfek en ek kon fokus op hul pragtige voorkoms sonder dat die klere te veel aandag trek.

Al drie vroue was vreeslik gemaklik voor die kamera en dit was ’n fees om hulle af te neem.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge.

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle by 079 737 7397 ofinfo@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

MA ÉN DOGTER! 

Kontak info@glamourmakeovers.co.za vir meer inligting.

Kyk HIER na nóg mooimaaksessies