FOTO: Mari-Leigh D’Emiljo

FOTO: Mari-Leigh D’Emiljo

Mooimaak

Mooimaaksessie: Mari-Leigh (21) se beeldskone transformasie

Mari-Leigh D’Emiljo is ’n student aan die Universiteit van die Vrystaat en kom oorspronklik van Namibië af. Haar ma het die mooimaaksessie voorgestel vir haar 21ste verjaarsdag. “Dit is wonderlik om te sien ’n mens kan so mooi lyk op ’n foto.”

Before After

FOTO: Mari-Leigh D’Emiljo

Wat sê Mari-Leigh?

Wat beskou jy as jou beste eienskap?

Ek hou van my oë.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het.

Ek hou van vintage maar ook gemaklike klere. Ek het agtergekom ek hou meer van ligte as donker kleure.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja, want ek dress nie gewoonlik op nie, en was verras oor hoe goed die grimering my gelaat beklemtoon het.

Hoe het jy die mooimaaksessie ondervind?

Die atmosfeer was kalm en almal was baie vriendelik. Ek het die hele dag baie geniet.

Wat was jou vriende en familie se reaksie?

My familie was baie ondersteunend en my vriende kan nie wag om die foto’s te sien nie.

Wat sê die mooimaakspan? 

Leverne

“Mari-Leigh het die mooiste groot blou oë. Ek het haar wenkbroue lekker donker ingevul om haar oë te omraam en haar voorkoms af te rond. Ek het ’n lipstiffie in ’n pers skakering gebruik om haar lippe te beklemtoon. Mari-Leigh het modelmooi gelyk!”

Stilis

“Ons het besluit op vrolike klere in skakerings van room, ligpienk en appelkoos vir Mari-Leigh. Haar blonde hare en gelaat werk goed met dié kleure. Die rokkies het ons sag en vroulik gehou met kant-detail en chiffon.”

Veronique

“Dit was voorwaar ’n fees om vir Mari-Leigh af te neem. Sy is maar 21 en ons het lekker gespeel met ’n vrolike agtergrond en blomme in haar hare.”

Hare gedoen deur Nadia van Pro Hair Studio, 021 914 2525

Bykomstighede: Marnell Nortje

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za