twitter_maybe
Skoonheid

One Direction stel parfuum bekend

Een van One Direction se Twitter-volgelinge het ’n aanlynpetisie begin met die idee om die groep te oorreed om hul eie geur te ontwikkel, volgens ’n nuusbrokkie op Vogue se webwerf. Dit het gewerk, want nou het die vyf lede, Harry Styles, Liam Payne, Louis Tomlinson, Zayn Malik en Niall Horan, die wêreld van parfuum betree met hul geur Our Moment.

One Direction by die bekendstelling van hul parfuum, Our Moment, in Londen.

Op die parfuum se webblad is daar ’n handgeskrewe nota wat vir aanhangers sê die parfuum is spesiaal vir hulle geskep.

Die handgeskrewe nota wat One Direction vir hul aanhangers geskryf het.

Our Moment bevat ’n kombinasie van vrugtenote soos pienk pomelo en rooibessie, blomnote soos jasmyn en freesia, en swaarder houtnote soos wit patsjoelie en muskus.

Kyk net die oulike kolwyntjies wat die media by die bekendstelling van die parfuum in Londen gekry het. Vogue het dié foto getwiet.

Vogue UK het dié kolwyntjie wat hulle by die bekendstelling gekry het op Twitter gedeel.

Our Moment word vanaf 25 Augustus vir twee weke eksklusief by die winkel Harrods in Londen verkoop voordat dit in Amerika en die res van Engeland beskikbaar gaan wees. Wonder of ons dit in Suid-Afrika gaan sien?

Nuuskierig? Kyk solank na die parfuum se advertensie!