Ons hou van

10 beste reinigers vir somer

Met die lente in volle blom raak die dae warmer en in die somerreënvalgebiede van die land raak die lug vogtiger. Pas vandag nog jou velsorgroetine aan met een van dié ligte reinigers.

Somer-voorskou: Skoonheidstendense om na uit te sien

1. Garnier Pure Active Daily Energizing Gel Wash

Garnier Pure Active Daily Energizing Gel Wash (R75): Die jelreiniger bevat pomelo-, granaat- en vitamien C-ekstrak wat help om die voorkoms van porieë te verminder en onsuiwerhede te verwyder.

2. Cetaphil Dermacontrol Oil Control Foam Wash

Cetaphil Dermacontrol Oil Control Foam Wash (R122): Perfek vir 'n sensitiewe en olierige vel. Dié reiniger verwyder oortollige olie en onsuiwerhede sagkens sonder om jou vel uit te droog. Dit handhaaf ook die pH-balans van jou vel.

3. Neutrogena Visibly Clear Pore & Shine Daily Wash

Neutrogena Visibly Clear Pore & Shine Daily Wash (R80): Dié splinternuwe reiniger voorkom dat oortollige olie jou porieë verstop. Perfek vir wanneer jy by die see vakansie hou.

4. Sensai Silky Purifying Milky Soap

Sensai Silky Purifying Milky Soap (R690): As jy droë vel het, sal dié romerige reiniger grimering en onsuiwerhede verwyder, maar steeds jou vel bevog. Masseer dit liggies op jou vel vir ’n kalmerende uitwerking.

5. Esse Gel Cleanser

Esse Gel Cleanser (R380 vir 400 ml): Danksy kruisement- en groenment-olies in dié organiese reiniger word die sirkulasie in jou vel aangehelp, wat soms ’n prikkelende gevoel op jou gesig kan veroorsaak. Aalwyn-ekstrak sal ook jou vel kalmeer. Landwyd by uitsoekwinkels

6. Guinot Newhite Perfect Brightening Cleansing Foam

Guinot Newhite Perfect Brightening Cleansing Foam (R507): Perfek vir ouer vel. Dié reiniger verwyder grimering én help met die vermindering van sigbare pigmentasie en donker vlekkies. Die mousse-tekstuur voel ook sag op jou vel.

7. Dior Prestige La Mousse

Dior Prestige La Mousse (R780): Dié luukse mousse-reiniger is geformuleer om jou gelaatskleur stralend en gesond te laat voorkom. Masseer dit met ligte sirkelbewegings oor jou gesig en spoel dit af met warm water.

8. Estée Lauder Perfectly Clean 3-in-1 Cleanser/Toner/Remover

Estée Lauder Perfectly Clean 3-in-1 Cleanser/Toner/Remover (R415): Dié veeldoelige reiniger is perfek vir wanneer jy met vakansie gaan. Dit verwyder grimering én verfris jou vel.

9. Avon Solutions 3-in-1 Scrub, Mask & Cleanser

Avon Solutions 3-in-1 Scrub, Mask & Cleanser (R88): Omdat die produk as ’n masker, afskilferaar en reiniger gebruik kan word, is dit ’n moet-hê-item vir jou reistassie. Gebruik dit daagliks as ’n reiniger of een tot twee keer ’n week as ’n afskilferaar of masker. Skakel 0860 102 345

10. Clarins Daily Energizer Cleansing Gel

Clarins Daily Energizer Cleansing Gel (R125): Moringa-ekstrak help om die uitwerking van besoedeling op jou vel te voorkom vir ’n gelaat wat gesond lyk. Gebruik dit in die oggend saam met koue water om jou vel op te helder en in die aand saam met warm water om grimering en onsuiwerhede meer doeltreffend te verwyder.

Die beste reinigingswater vir ’n sensitiewe vel – lees meer!

FOTO: Instagram @iuliadot

FOTO: Instagram @iuliadot