Ons hou van

10 beste retinol-produkte

Retinol is ’n suiwer vorm van vitamien A wat in velsorgprodukte voorkom. Dié kragtige bestandeel is uitstekend vir teenveroudering en speel ’n rol in die behandeling van donker vlekke, aknee, plooie en fyn lyntjies. Dit stimuleer ook kollageenvervaardiging vir ’n vel wat jonger en stralend voorkom. Hiér is ons gunsteling-produkte wat retinol bevat.

 

1. Lamelle Correctives RA Cream (R560): Hoewel retinolprodukte gewoonlik in ’n serum is, is dié produk ’n hoogs gekonsentreerde vorm van retinol in roomvorm. Wend dit saans as ’n vogroom aan om jou vel se epidermis (die boonste deel van jou vel) en dermis (onder die epidermis) te help vernuwe. By uitsoeksalonne en dermatoloë.

2. Optiphi Rejuvenating Revitalizer (R1 508): Dié serum bevat kragtige antioksidante wat die vernuwing van jou velselle help bevorder en bespoedig. By uitsoeksalonne en spa’s.

3. Dermaquest Retinol Youth Brightening Serum (R1 100): ’n Unieke formule wat sorg dat jou vel dié serum vinniger absorbeer. Dit verlig die voorkoms van donker vlekke, terwyl dit ook kollageenvervaardiging bevorder vir ’n soepel vel. By uitsoeksalonne.

4. Verso Super Facial Serum (R1 650): Gereelde gebruik van dié vloeibare serum, wat Retinol 8-kompleks bevat, bevorder ’n glansende vel en die sigbare vermindering van pigmentasie en plooie. By www.rubybox.co.za.

Hiperpigmentasie 101

5. Vichy Liftactiv Advanced Filler (R469): Dié vogroom takel spesifiek die voorkoms van fyn lyntjies en plooie in mans én vroue. Dis ook geskik vir sensitiewe vel.

6. Environ Intensive Retinol 1 (R285): Omdat hierdie retinol baie gekonsentreerd is, is dit slim om eers ’n paar druppels by jou vogroom in te meng en later die serum direk op jou gesig aan te wend. Só raak jou vel geleidelik gewoond daaraan. By uitsoeksalonne.

7. Coverderm Vanish Serum (R750): Die roomjel-formule behandel onder meer rooierige en moeë vel vir ’n stralende gelaat wat gesond en gevoed lyk.

8. Shiseido Pure Retinol Express Smoothing Eye Mask (R850): Behandel die fyn vel onder jou oë met maskertjies wat onder jou oë pas vir ’n gesonde en helder veltekstuur. By uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords.

5 Skoonheidsbestanddele waarna jy moet kyk – lees meer!

9. Dermalogica Multivitamin Power Serum (R990): Perfek vir ’n ouer vel. Vitamien A, C en E takel donker vlekke en fyn lyntjies en sorg dat die serum dieper in jou vel intrek.

10. SkinCeuticals Retinol 1.0 Maximum Strength Refining Night Cream (R1 155): Hierdie serum is perfek vir ’n sensitiewe vel. Die formule bevat ’n redelik stabiele retinol-konsentrasie wat sal voorkom dat jou vel geïrriteerd of rooierig lyk.

 

1. Lamelle Correctives RA Cream (R560)

Hoewel retinolprodukte gewoonlik in ’n serum is, is dié produk ’n hoogs gekonsentreerde vorm van retinoësuur in roomvorm. Wend dit saans as ’n vogroom aan om jou vel se epidermis (die boonste deel van jou vel) en dermis (onder die epidermis) te help vernuwe. By uitsoeksalonne en dermatoloë.

2. Optiphi Rejuvenating Revitalizer (R1 508)

Dié serum bevat kragtige antioksidante wat die vernuwing van jou velselle help bevorder en bespoedig. By uitsoeksalonne en spa’s.

3. Dermaquest Retinol Youth Brightening Serum (R1 100)

’n Unieke formule wat sorg dat jou vel dié serum vinniger absorbeer. Dit verlig die voorkoms van donker vlekke, terwyl dit ook kollageenvervaardiging bevorder vir ’n soepel vel. By uitsoeksalonne.

4. Verso Super Facial Serum (R1 650)

Gereelde gebruik van dié vloeibare serum, wat Retinol 8-kompleks bevat, bevorder ’n glansende vel en die sigbare vermindering van pigmentasie en plooie. By www.rubybox.co.za.

5. Vichy Liftactiv Advanced Filler (R469)

Dié vogroom takel spesifiek die voorkoms van fyn lyntjies en plooie in mans én vroue. Dis ook geskik vir sensitiewe vel.

6. Environ Intensive Retinol 1 (R285)

Omdat hierdie retinoësuur baie gekonsentreerd is, is dit slim om eers ’n paar druppels by jou vogroom in te meng en later die serum direk op jou gesig aan te wend. Só raak jou vel geleidelik gewoond daaraan. By uitsoeksalonne.

7. Coverderm Vanish Serum (R750)

Die roomjel-formule behandel onder meer rooierige en moeë vel vir ’n stralende gelaat wat gesond en gevoed lyk.

8. Shiseido Pure Retinol Express Smoothing Eye Mask (R850)

Behandel die fyn vel onder jou oë met maskertjies wat onder jou oë pas vir ’n gesonde en helder veltekstuur. By uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords.

9. Dermalogica Multivitamin Power Serum (R990)

Perfek vir ’n ouer vel. Vitamien A, C en E takel donker vlekke en fyn lyntjies en sorg dat die serum dieper in jou vel intrek.

10. SkinCeuticals Retinol 1.0 Maximum Strength Refining Night Cream (R1 155)

Hierdie serum is perfek vir ’n sensitiewe vel. Die formule bevat ’n redelik stabiele retinol-konsentrasie wat sal voorkom dat jou vel geïrriteerd of rooierig lyk.

5 Dinge wat jy van veroudering móét weet