Ons hou van

10’s Die Kate

In die nuwe millennium is natuurlike, gesonde hare alles. Style is nie so styf nie, met minder struktuur en baie glans.

DRA DIT NOU SÓ
Hierdie styl werk die beste met reguit hare, maar kan ook werk vir krullerige hare met behulp van produkte en ’n stileeryster. Fyn en medium-dikte hare is van nature glad, terwyl jy growwer hare kan tem met ’n  haarserum. Jou paadjie is baie belangrik by hierdie styl: Middelpaadjies werk goed as jou gesig rond, ovaal- of hartvormig is. Dra ’n kantpaadjie as jy ’n lang, vierkantige of driehoekige gesig het. – Zana Young

Kry Hollywood-inspirasie by
Kate Moss, Gwyneth Paltrow en Demi Moore.

 

Top-styl winter 2010
Die klassieke skouerlengte
Dié styl is heeljaar ’n gunsteling. Dit kan reguit of golwend gedra word en word gewoonlik met ’n definitiewe lyn by die skouers geknip. Dié styl vlei die meeste haartipes. Dis die kuif wat veelsydigheid gee. Laat jou gesigvorm jou lei oor jou keuse van ’n kuif, en hou in gedagte dat ’n reguit,  stompgesnyde kuif altyd goed werk. Glansende, gesonde hare is ’n moet vir hierdie lengte.
– Huey Tilley