FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Ons hou van

5 Vadersdag-geskenk-idees vir op die laaste nippertjie

Vadersdag is om die draai! En as jy nog nie iets vir dié spesiale man het nie, is hier ’n paar geskenk-idees waarmee jy hom die komende naweek kan bederf.

Top Gear en Fashion Police kry nuwe vroulike aanbieders

1. Nivea Men Signature Skin Care-geskenkpak (R175)

Het jy geweet ‘n man skeer ongeveer 20 000 keer in sy lewe? Daarom moet dié belangrike roetine nie onderskat word nie. Bederf hom met hierdie velsorg-geskenkpak, wat ’n na-skeerroom, skeerjel en stortjel bevat en boonop ’n bypassende pen-en-potlood-stelletjie insluit. By Clicks

nivea men vadersdag

Nivea Men Signature Skincare Gift Pack

2. Africology Magnesium Sports Massage (R600 vir 60 min) en Africology Limited Edition Shave Kit (R270 of verniet saam met die massering)

’n Massering elke nou en dan kan wonders verrig en vir aktiewe pa’s is Africology se magnesium-massering perfek. Magnesium is ’n kragtige mineraal wat onder meer jou bloeddruk help balanseer, inflammasie teenwerk en jou liggaam en bui verfris. Saam met die massering sal die man in jou lewe ook ’n skeerstel (daar is ‘n beperkte uitgawe) ontvang. Die stel bevat ’n jelreiniger, skeerroom en baardbalsem (’n beperkte uitgawe). Die produkte kan ook afsonderlik gekoop word. Beskikbaar tot 30 Junie by uitsoeksalonne en spa’s of besoek www.africologyspa.com.

africology shaving kit

Africology Limited Edition Shave Kit

Vyf bekendes met klassieke modestyl – lees meer!

3. Dolce & Gabbana Intenso (R1 715 vir 200 ml EDP)

’n Hoogs gesofistikeerde parfuumbottel en geur, perfek vir die moderne man. Dié manlike geur bevat ’n mengsel van interessante note soos basiliekruid, laventel, tabak, heuning en balsemasyn (balsamic).

dolce gabbana intenso

Dolce & Gabbana Intenso

4. James Bond Ocean Royale (R670 vir 125 ml EDT)

Wakker sy waaghals en avontuurlus aan met dié geur wat note van anys, lemmetjie, seewater en koffie bevat.

007 james bond royale

James Bond Ocean Royale

5. Lacoste L!VE (R920 vir 100 ml EDT)

’n Speelse geur vir jonger pa’s met note van lemmetjie, groen blare en soethout (liquorice). Boonop kan jy vir ’n beperkte tyd die parfuumbottel verpersoonlik met jou eie foto’s en boodskappe of ’n keuse tussen ’n verskeidenheid plakkers wat jy op die bottel kan plak. By uitsoekwinkels van Edgars.

lacoste_live_eau-de-toilette_40ml_in

Lacoste L!VE

Is die nuwe James Bond ’n rooikop? Ons kies ons gunsteling-opvolgers vir 007