Ons hou van

5 nuwe maskaras waaroor ons mal is!

Is jy op soek na ’n nuwe maskara? Ons is mal oor dié vyf wat nou nuut op die rak is. 

2016 se gewildste babaname!

Maybelline The Colossal Go Chaotic! Volum’ Express Mascara (R135)

Gee jou wimpers lengte, volume en trefkrag! Die borsel se korter, diggepakte haartjies sorg dat elke wimperhaartjie met intense swart kleur bedek word met ekstra krul.

Avon Big & Multiplied Volume Mascara (R140)

Die ontwerp van dié maskara se borselkop sorg dat jou wimpers eers met die langer borselhaartjies gekam word, waarna die korter borselhaartjies sorg dat die maskara jou wimpers van wortel tot punt bedek. Perfek vir ’n grootoog-voorkoms! Skakel 0860 102 345

Almay One Coat Multi-Benefit Mascara (R189)

Die maskara bied vier voordele vir jou wimpers: dit gee volume, lengte, definisie én dit bevat die proteïen keratien wat die haartjies voed sodat jou wimpers sterk en gesond bly. Dit is ook ontwikkel vir sensitiewe oë en bevat geen geurmiddels nie. Beskikbaar in swart, bruin en in ’n waterbestande formule.

L’Oréal False Lash Superstar Red Carpet Black Mascara (R190)

’n Wimper-basislaag en maskara ineen. Wend eers die deursigtige basislaag aan om jou wimpers te voed en dit langer en dikker te laat lyk. As jy dan daarna die maskara aanwend, lyk jou wimpers mooi vol met intense kleur.

Smashbox X-Rated Mascara (R280)

Dié maskara werk goed vir fyn wimperhaartjies. Danksy ’n driehoekige borsel-ontwerp word elke wimperhaartjie met een haal drie keer met die formule bedek om dit dikker en voller te laat lyk. Draai die maskaraborsel liggies in die rondte terwyl jy dit oor jou wimperhaartjies vee.

Het jy geweet?

Sê dankie vir Mabel Williams, ’n jong Amerikaanse vrou, vir haar aandeel in dié slim uitvindsel. Sy’t in 1915 petroleumjelle (Vaseline) en steenkoolpoeier gemeng om haar wenkbroue en wimpers donkerder te maak en onwetend gehelp om een van die eerste maskaras te skep.

Daar loop baie stories oor hoekom Mabel enigsins die behoefte gehad het om haar wimpers met dié konkoksie te besmeer. Een daarvan is dat sy dit per ongeluk geskroei het terwyl sy kos op ’n stoof gemaak het en wou red wat te redde is deur dit donkerder te kleur.

’n Ander staaltjie is dat Mabel haar ekskêrel wou terugwen. Sy was glo oortuig dat donker, smeulende oë die pad is na sy hart. Hoe dit ook al sy, Mabel se broer, Thomas Lyle Williams, ’n entrepreneur, het vinnig gesien hier’s ’n geldmaak-geleentheid. Hy’t die formule van haar produk aangepas en begin verkoop. Later het hy ’n nuwe “maskara”-produk ontwikkel, ’n soliede blokkie grimering en ’n borseltjie, en dit Maybelline gedoop (’n kombinasie van Mabel en Vaseline) – ’n treffer, en só is ’n reuse-skoonheidsmaatskappy gebore.

Happy #NationalLashDay, pretties! We’re celebrating with our girl, @gigihadid in #pushupmascara.

A photo posted by Maybelline New York (@maybelline) on

 

Dié rok van Kate Middleton wil almal hê