Ons hou van

5 roosparfuums waarvan ons nie genoeg kan kry nie!

Vind jy die geur van rose onweerstaanbaar? Ons maak jou parfuumsoektog makliker met dié vyf nuwe parfuums waaroor roosliefhebbers gaande sal wees!

Prince, ’n pionier van sy tyd

Jy kan verwag om vanjaar ’n paar nuwe roosparfuums te sien. Dis op die oomblik ’n groot gunsteling in die parfuumwêreld en ook in ons skoonheidskas.

’n Parfuumkenner het eenkeer gesê mans is mal daaroor as ’n vrou ’n roosgeur dra, sê Charis van den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur. Dis omdat dit vir hulle ’n bekende reuk is. Dit herinner hulle ook aan ’n bos blomme, iets wat hulle assosieer met vroulikheid en bederf.

Montblanc Lady Emblem (R1 195 vir 75 ml EDP)

Roos-saki is die kroonbestanddeel in dié parfuum. Die noot is uniek omdat dit die een oomblik na roos ruik en die volgende oomblik na vrugte soos lietsjie en varsgesnyde gras. Sandelhout en muskus in die basis gee ’n dieper, poeieragtige geur aan die parfuum. Boonop is ons mal oor die blomvormige bottel!

Elie Saab Le Parfum Rose Couture (R1 110 vir 50 ml EDT)

Verbeel jou jy stap deur ’n geurige lentetuin in bloeityd met dié parfuum. Geurige roosnektar word met sprankelende note van jasmyn en lemoenbloeisel gekombineer. Later ruik jy ook vrugtige note van perske en lietsjie met ’n tikkie vanielje by. Perfek vir ’n jeugdige, vrygeestige vrou.

Giorgio Armani Sì Rose Signature (R1 390 vir 50 ml EDP)

’n Geur vir enige geleentheid. Twee roostipes, meiroos en Turkse roos, vorm deel van dié warm en vroulike parfuum se hartnote. Daarna sorg patsjoelie, sitroen en vanielje vir ’n klassiek en elegante geur. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

Stella McCartney Stella Eau de Toilette (R825 vir 50 ml EDT)

Sodra jy dié parfuum aanspuit, ruik jy dadelik die soet verleidelike geur van Bulgaarse rose. Sitrusnote soos nartjie en lemoen gee dit ’n vars en douerige kinkel, terwyl viooltjie- en meiroos-blare die geur versag. Later gee amber in die basis die geur ’n baie subtiele manlike ondertoon.

Dolce & Gabbana Rosa Excelsa (R1 025 vir 30 ml EDP)

’n Luukse parfuumbederf! Omhul jouself met dié soet en sensuele geur wat ruik na ’n bos rose gekombineer met wit waterlelies. Buiten Turkse roos is die sterbestanddeel in dié parfuum die soet geur van die Afrika-haagroos, ’n struik wat hoofsaaklik langs die Suid-Afrikaanse ooskus groei. Die soetheid word versag met warm muskus en ligte houtnote. Boonop sal die elegante bottel met sy bloedrooi blomvormige doppie bekoorlik lyk op jou spieëltafel.

Designed by Freepik

WEN ’n parfuumgeskenkpak ter waarde van R2 600

Klik hiér om in te skryf!

 

My obsession continues…x Stella

A photo posted by Stella McCartney (@stellamccartney) on

 

Grimeer só om op jou mooiste te lyk vir jou selfie