Ons hou van

60’s Die Pixie

Tydens die bevryde 60’s het vroue ’n wash-and-go-styl verkies, wat ook by die androgene voorkoms van destyds gepas het. Die Britse model Twiggy het gesorg dat dié styl wêreldwyd aanhang geniet.

DRA DIT NOU SÓ

Jy moet selfvertroue hê vir hierdie haarstyl! ’n Kort kapsel werk vir die meeste haarsoorte en veral saam met ovaal- en hartvormige gesigvorms. Stileer die styl in ’n japtrap met jel of steek dit met ’n knippie vas. As jy ’n sterk kakebeen het, sal veeragtige lae help om dit uit te balanseer. – Zana Young

Kry Hollywood-inspirasie by
Michelle Williams, Kirsten Dunst en Halle Berry. 

Die pixie
Dié styl se vorm is weer Twiggy-agtig (die 60’s se weergawe) en ’n nuwe  staatmaker. Dit kan kort en teenaan die gesig gestileer word vir ’n sagte silhoeët, of dit kan hoogte en beweging gegee word om die  tekstuur van die styl te wys. Sit ligstrepies in om die styl interessanter te maak. Die strepies gee ook tekstuur en sagtheid.
– Huey Tilley