Ons hou van

AXE stuur Suid-Afrikaner na ruimte – Dit kan jy wees!

Een van dié groep mense gaan ’n Suid-Afrikaner wees.  Ná die eerste rondte van die kompetisie sal drie Suid-Afrikaners die geleentheid kry om saam met ander wenners van regoor die wêreld vir opleiding te gaan by die AXE Apollo Space Company wat spesiaal vir dié geleentheid gestig is. En die legendariese ruimtevaarder, Buzz Aldrin, is in beheer daarvan!

Wanneer die opleiding voltooi is gaan een Suid-Afrikaner gekies word om saam met die wenners van ander lande in 2014 op ’n ruimtevaart deur die Space Expedition Corporation te gaan.

* Vir inligting oor hoe om in te skryf vir dié kompetisie besoek AXE se Facebook-blad (AxeSouthAfrica) of https://www2.axeapollo.com/en_ZA/