Ons hou van

Bekendes se nuutste geure

Die realiteitster Kim Kardashian het onlangs die nuus gehaal weens haar swangerskap en verhouding met die hiphop-sanger Kanye West. Dié geur is ‘n blommegeur met muskus- en vrugtenote soos waatlemoen, rooi bessies, jasmyn en sandelhout.

* Glam by Kim Kardashian – R645 vir 50 ml EDP

Nude by Rihanna

Rihanna maak in Oktober ‘n draai in Suid-Afrika om konsert te hou! Terwyl jy vir dié sangeres se konserte wag, probeer haar splinternuwe geur, Nude by Rihanna. Vrugtenote soos koejawel en peer is vars terwyl blomme soos lemoenbloeisel en katjiepering die parfuum ‘n sagte aanslag gee.

* Nude by Rihanna – R645 vir 50 ml EDP

Nicki Minaj Pink Friday

Die sangeres Nicki Minaj se parfuumbottel is net so uniek soos sy! Haar eerste geur bevat note soos vanielje, peer, lotusblom en stervrug.  

* Vanaf Mei beskikbaar

* Pink Friday by Nicki Minaj – R495 vir 50 ml EDP

Justin Bieber Girlfriend

Daar is omtrent Bieber-koors in Suid-Afrika op die oomblik met dié dat Justin Bieber in Mei hier konsert hou! Bederf jou dogter óf jouself met sy nuutste parfuum. Dié vars geur verkwik met note soos appelkoos, freesia, aarbei en peer.

* Justin Bieber Girlfriend – R495 vir 50 ml EDP

S by Shakira Aquamarine

Shakira het onlangs die lewe geskenk aan haar en die Spaanse sokkerspeler Gerard Piqué se eersteling. Haar nuutste geur, S by Shakira Aquamarine, is haar varsste nóg met note soos bergamot, frangipani, grenadella en jasmyn.

* S by Shakira AquamarineR490 vir 80 ml EDT

Khloé and Lamar Unbreakable Bond

Khloé Kardashian en haar basketbalspeler-man, Lamar Odom, se goeie huwelik is die inspirasie agter dié geur met note van donkersjokolade, rooi vrugte, saffraan, appel en malva.

* Khloé and Lamar Unbreakable Bond – R595 vir 100 ml EDT