image
Ons hou van

Landmerke verlig vir veldtog teen borskanker

Oktober is dié maand wat wêreldwyd daaraan gewy word om borskankerbewustheid by mense te skep. As deel van Estée Lauder Companies se veldtog om dié bewustheid te verhoog, verlig hulle gedurende Oktober wêreldwyd bekende landmerke in pienk lig, soos die Sydney-operahuis in Australië, die leunende toring van Pisa in Italië, die Niagara-waterval tussen Kanada en die VSA, en die Empire State Building in New York.

Meer as 200 landmerke is al in die laaste 11 jaar verlig.

Verlede jaar het die aanlyn- en digitale bemarking van hul veldtog meer as 192 lande gedurende Oktober bereik, en vanjaar is die boodskap: “Connect. Communicate. Conquer.”

Het jy geweet?

Die skoonheidshuis Estée Lauder is verantwoordelik vir die skep van die pienk strikkie vir borskankerbewustheid.