Bobbi Brown Valentynsdag voorkoms
Ons hou van

Bobbi Brown se Valentyns-voorkoms

Of daar reeds ‘n groot liefde in jou lewe is en of jy nog daaraan werk – jy kan in ‘n japtrap pragtig lyk vir jou Valentyns-afspraak met Bobbi Brown se drie maklike stappe.
Dié skoonheidshuis glo jou lippe, oë en wange is die drie plekke waaraan jy aandag moet skenk om jou lieflik te laat lyk – ook al moet jy van die werk af wikkel om iemand te ontmoet.

Stap 1
Kleur jou lippe bruin-rooi met Bobbi Brown Lip Color in Scarlet (R205), ‘n romerige kleur wat ‘n ryklik afgewerkte voorkoms gee.

Stap 2
Jou oë lyk dadelik helderder met Bobbi Brown Long-Wear Cream Shadow in Bone (R215). Jy kan hierdie romerige oogskadu met jou vingers aantik – dis selfs waterbestand!

Stap 3
Gee jou wange ‘n verliefde blos met Bobbi Brown Blush in Pale Pink (R150).
Bobbi Brown se grimeerkunstenaar, Eduardo Ferreira, se raad is dat jou lip- en wangkleur net ‘n tikkie donkerder as jou eie moet wees om jou natuurlike gelaatstrekke tot hul reg te laat kom.
Geniet jul aand!