FOTO: Verskaf

Ons hou van

Brasilië-kleure vir jou naels

Dit voel soos gister dat SA gasheer was vir die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi en nou word dit al weer dié jaar in Brasilië gehou!

Jy kan solank in die gees kom vir dié geleentheid deur jou naels met een (of meer) van O.P.I se Brazil Collection-naellakke te verf.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Die reeks is geïnspireer deur die helder kleure van Brasilië se tropiese reënwoude (rooi, koraal, oranje, geel, groen en pienk) en die sagter skakerings van hul strande (bruin, grysbruin en geelbruin).

Die skakerings het boonop ook oulike name! Hulle is:

  • Next Stop… The Bikini Zone – donker pers
  • Don’t Bossa Nova Me Around – neutraal
  • Taupe-less Beach – grysbruin
  • I São Paulo Over There – koffie-skakering
  • OPI Scores a Goal! – sjokoladebruin
  • AmazON…AmazOFF – donker groen
  • I Just Can’t Cope-acabana – geel
  • Where Did Suzi’s Man-go? – mango-skakering
  • Toucan Do It If You Try – oranje
  • Kiss Me I’m Brazilian – pienk
  • Live.Love.Carnaval – koraal
  • Red Hot Rio – rooi

 

* Beskikbaar by uitsoeksalonne.