sr1012tradisiems_2_
Ons hou van

Bruin vir vonkel-oë

Ons gebruik bruin om definisie aan ons oë te gee. Maar dis ook perfek vir ‘n vonkel in die oog. David White van Givenchy sê hoe jy bruine nuut kan gebruik.

Hoe voorkom jy dat bruine vaal lyk?
Dit moet die regte skakering van bruin wees: Bruin met ‘n grys ondertoon is nie ideaal nie, want dit kan jou oë maklik dof laat lyk, terwyl bruine met ‘n goue refleksie en ‘n effense glans vleiender is. Pasop vir ‘n afwerking wat erg mat is, dit kan jou oë ouer laat lyk.

Kan alle vroue bruin oogskadu dra en hoe besluit jy op ‘n skakering?
Bruin oogskadu is die mees universele kleur en is gepas vir alle oë. Die enigste reël met bruin is om weg te bly van bruin met rooi ondertone, wat aartjies in die wit van die oog meer opvallend maak – brons bruine is dan ‘n beter opsie.

Kan enige kleur lippe by bruin oogskadu werk en hoe kry jy die beste kombinasie?
Ja, alhoewel brons en nudes immergroen bly vir lippe – dit gee sagte sensualiteit. Die reël is dat die blos en lipkleur by mekaar pas. Vermy byvoorbeeld pienk lippe en ‘n oranje blos.

Givenchy Le Prisme Colors, Light & Design For Eyes in Siena Silhouette R655) L’Oréal Colour Appeal Trio Pro in Chocolate Addiction (R145) Dior Couture Colour Eyeshadow Palette in Incognito (R575)