FOTO Instagram / @armani

Ons hou van

Bekendes se nuwe haarstyl: Kan jy nou jou haarborsel weggooi?

Begin vanjaar het Pinterest voorspel moeitelose haarstyle, wat jy skep sonder om hitte te gebruik, gaan ’n trend wees. En by die naweek se Bafta- en Grammy-toekenningsaande het bekendes soos Nicole Kidman, Katy Perry en Thandie Newton met nogal deurmekaar style gespog. Dit lyk of party nie eens hul hare gekam het nie!

Kry dié moeitelose voorkoms deur ’n haarproduk wat volume en tekstuur gee, op jou nat hare aan te wend en dan jou hare natuurlik te laat droog word. Stileer dit op in ’n slierterige poniestert, los vlegsels of ’n deurmekaar bolla, of krap dit effens deurmekaar en laat dit net so los hang.

1. Nicole Kidman

Ons het baie gehou van die Australiese aktrise se gemaklike, effe deurmekaar haarstyl by die Bafta-toekennings. Dit komplementeer haar glansryke Armani Privé-rok perfek.

 

2. Thandie Newton

Die Engelse aktrise het ook besluit om haar hare los en eenvoudig te hou vir die aand.

 

3. Hannah Bagshawe

Die akteur Eddie Redmayne se vrou, Hannah Bagshawe, het gewys ’n deurmekaar kant-vlegsel kan sjiek en elegant lyk.

 

4. Katy Perry

By die Grammy-musiektoekennings het dié Amerikaanse sangeres gespog met hope volume in haar nuwe deurmekaar blonde styl. Gebruik ’n haarstileringsproduk soos ’n soutsproei om ’n soortgelyke voorkoms te kry.

 

5. Paris Jackson

Wyle Michael Jackson se dogter Paris Jackson het op die Grammys se rooi tapyt gewys dat krullerige hare glansryk lyk as dit effens deurmekaar gekrap is.

 

Lees nou

Lana del Rey se grimeertruuk vir rooi merkies op haar gesig

QUIZ: Watter kleur lipstiffie moet jy op Valentynsdag dra?