Ons hou van

Chanel-grimering speel met geluk

Min mense weet dat Gabrielle “Coco” Chanel, stigter van dié mode- en skoonheidshuis, bygelowig was. Haar woonstel in Parys was vol klein gelukbringers, onder meer die syfer vyf in ’n kristalkandelaar… Dié gelukbringers kom gereeld na vore in die detail van Chanel se mode- en juwelereekse. Dit was ook die inspirasie agter die nuwe Collection Superstition-grimeerreeks.

Dié reeks bestaan uit blosser, lipstiffie, oogskadu, maskara, oogomlyner en naellak in skakerings van brons, grysbruin, kakie, goud-beige, dieppienk en wynrooi.

Le Blush Creme in PresageLe Blush Creme in AffiniteLe Blush Creme in Fantastic

Rouge Coco Shine in Rendez-Vous

 

 

Maak seker jy toets die reeks se blosser, Le Blush Crème de Chanel (R440). Dié splinternuwe produk, beskikbaar in ses skakerings, het ’n roomryke tekstuur.

Rouge Coco in Mysticque

 

 

 

Dit laat jou toe om die blosser met jou vingers aan jou wange te smeer en te skakeer. Vir elke skakering blosser is daar ook ’n Rouge Coco of Rouge Coco Shine-lipstiffie (R390). Die reeks se lipstiffies en blossers is ontwikkel om mekaar te komplementeer.

Le Vernis in AlchemieLes 4 Ombres in MystèreLe Vernis in Mysterious

Ombre Essentielle in HasardLe Vernis in ElixirOmbre Essentielle in Gri-Gri

Stylo Yeux Waterproof in Khaki PrécieuxDie ander produkte in die reeks is Les 4 Ombres Mystère (R615 vir die palet van vier oogskadu’s), Stylo Yeux Waterproof-oogomlyner (R295) in ’n kakie skakering, Ombre Essentielle-oogskadu (R355)en Le Volume de Chanel-maskara (R385) in kakie-brons. Uiteindelik rond Le Vernis (R290) die prentjie af in ’n dieppienk, ’n blink skakering van kakie of ’n houtskool skakering vir jou naels.Kyk hier na Chanel se voorstelling van dié reeks!

 

 

*Le Blush Crème de Chanel in Fantastic, Rouge Coco Shine in Instinct, Les 4 Ombres in Mystère, Ombre Essentielle in Hasard en Gri-Gri, Le Volume de Chanel in Khaki Bronze en Le Vernis in Alchimie is vir ’n  beperkte tyd beskikbaar.