Ons hou van

Charlize se flamenco-haarstyl

Hy wou ’n Spaanse flamencogevoel skep om by Charlize se swart Azzedine Alaïa-rok te pas. Maak dit só na:

  • Begin deur jou hare reguit te blaas as jy nie steil hare het nie 
  • Maak ’n kantpaadjie aan jou regterkant 
  • Vat ’n groot stuk van jou hare en maak dan ’n lae, los vlegsel aan die linkerkant van jou nek. Steek dit vas met ’n haarknippie 
  • Maak ’n vlegsel bo die ander een met die res van jou hare 
  • Draai albei vlegsels om ’n ronde, lae bolla te vorm en steek dit met knippies vas 

* Enzo het Moroccanoil® produkte op Charlize se hare gebruik

  • Theresa Schoeman

    Baie pragtige idees vir hare. Ek gaan dit beslis probeer het ook lang blonde hare en n ligte vel dit sal wonderlik wees om uit te toets, dankie.

  • Lynette Verwey

    Shoe dit is baie sag, vroulik en sjiek. Baie dankie Sarie. Dit is baie mooi……