FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Charlize Theron vier haar 40ste

Charlize Theron is Suid-Afrika se goue meisie. Nie net het sy al vele sukses (onder meer ’n Oscar!) in haar 20 jaar in Hollywood behaal nie, sy gebruik ook haar bekendheid vir liefdadigheid, soos haar eie Africa Outreach Project

En soos ons Charlize ken, is sy glad nie gepla oor die nuwe dekade wat sy nou betree nie. Sy het tydens ’n onderhoud met E! Online oor haar nuwe fliek, Dark Placesgesê:

“Ek is só bly om in my 40’s te wees en nie meer in my 20’s nie, toe ek bekommerd was of ek in my noupassende jeans gaan pas.”

Charlize is duidelik nie meer veel gepla met die glans van Hollywood nie. Sy het spottenderwys gesê dat dit lekker is om op jou rusbank verlief te wees en toebroodjies met baie kaas te eet.

Charlize, wat onlangs nog in Kaapstad was om tonele vir die fliek The Last Face, te skiet se verhouding met die regisseur van dié film, Sean Penn, het ook glo skipbreuk gelei.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

 

Charlize vier ook haar 40ste met haar eersteling, Jackson (3) én haar babadogtertjie August wat net nou die dag deel van hul gesin geword het.

Charlize se beste skoonheidsoomblikke

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Natuurlike skoonheid

Charlize wys haar natuurlike skoonheid met minimale grimering. Die wêreldbekende grimeerkunstenaar Bobbie Brown verduidelik hoe jy natuurlike grimering in 10 maklike stappe aansit.

 

 

 

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

 

Romanties en vroulik

Dié haarstyl lyk sag en vroulik en vorm ‘n sagte raam om die gesig. ‘n Bekende haarkapper vertel hoe om dié haarstyl te kry.

 

 

 

 

 

 

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

Donker en smeulend

Klik hier om rokerige oë soos dié te kry

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kort, maar tog so sexy

Wenke vir kort hare:

  • Sny jou hare met tekstuur en los langer stukkies om jou ore en in jou nek. Mans se hare word stomper gesny.
  • Pasop vir ore wat te “oop” gesny word, want dit kan jou ouer, harder en onnodig konserwatief laat lyk.
  • Goeie produkte is van kardinale belang. Gebruik liefs minder as te veel – ’n ertjiegroot druppel haarwaks vir baie kort hare en ’n haselneutgrootte vir langer hare.
FOTO: Gallo Images / Getty

FOTO: Gallo Images / Getty

 

 

Wangbene soos ’n model

Beklemtoon jou beste gelaatstrekke met kontoer-grimering. Lees hier meer daaroor