Ons hou van

Clarins bederf kopers

Clarins het verlede week klante by die Sandton City-winkelsentrum in Johannesburg bederf met ’n spesiale podium wat hulle opgerig het om mense bewus te maak van dié skoonheidshuis. 

Klante kon by die podium ’n draai gaan maak en ’n gratis velkonsultasie, oormaaksessie of mini-facial kry. Hulle het ook die geleentheid gehad om al die produkte te bestudeer en te toets.

Kopers kon by dié stalletjie van Clarins ‘n draai maak om meer oor die produkte te leer en ‘n oormaaksessie of mini-facial te kry.
Clarins se grimeerkunstenaar was reg om vir jou ‘n oormaaksessie te gee.
Die Clarins-grimeerreeks
Konsultante was beskikbaar vir ‘n gratis velkonsultasie en voorstelle vir Clarins-produkte vir jou spesifieke velbehoeftes.