Ons hou van

Crabtree & Evelyn se nuwe bad- en lyfreeks

Aromaterapie is lank reeds bekend as ‘n aanvullende holistiese terapie wat die liggaam, denke en gees vernuwe. Nou het Crabtree & Evelyn ‘n unieke reeks ontwerp wat jou sintuie verkwik terwyl dit terselfdertyd na jou vel omsien. Dié nuwe holistiese Aromatherapy Distillations-reeks is ontwikkel deur die unieke samewerking tussen ‘n aromaterapeut en internasionale parfumeurs om jou die beste uit die twee wêrelde te bied.

Essensiële olies wat gebruik is, sluit in laventel, rooshout, suurlemoen, koljander en bloekomolie. Dis gemeng met olies wat min in aromaterapie gebruik word, soos viooltjie, tonkaboon, sandelhout en galbanum.

 

Ontspannend, vernuwend en reinigend is die 3 kategorieë waarin aromatiese olies gewoonlik ingedeel word. Dis ook die 3 kategorieë waarin Crabtree & Evelyn sy bad- en lyfprodukte ingedeel het:

 

1. Die ontspannende produkte is ‘n hemelse bad- en lyfreeks met laventel, kardemom en vanielje wat die sintuie streel en die vel bevog;

 

2. Die vernuwende produkte gee ‘n moeë siel nuwe lewe en energie met suurlemoen, groenment en mandaryn; en

 

3. Die vernuwende produkte help om die sintuie te reinig en verfris met lemmetjie, pomelo, roosmaryn, seewier en komkommer.

 

Produkte wissel van R200 – R900 en is te kry by alle Crabtree & Evelyn-takke: Sandton City, Hyde Park, Design Quarter, Menlyn Park, Cavendish Square, La Lucia Mall, V&A Waterfront en Canal Walk.

 

Vir nog inligting, kontak 011 704 6096 of stuur navrae per e-pos na: info@crabtree-evelyn.co.za
Besoek www.crabtree-evelyn.com

* Die produkte is vanaf Junie op die rakke.