Ons hou van

Deense skoonheid nuwe gesig van Beauté Pacifique

Die model, Helena Christensen, is gebore in Denemarke en gaan dié produkte verteenwoordig.

Helena het al op talle modetydskrifte soos Vogue, Harper’s Bazaar, Elle en W se voorblaaie verskyn. Sy was ook in menigde modeveldtogte vir groot name soos Chanel, Versace, Prada en Valentino gedurende die 1990’s.