Ons hou van

10 beste reinigers vir winter

Dis winter en jou vel het meer as ooit ’n vog-inspuiting nodig.

Jou velwand bevat lipiedes wat die selle bymekaar hou en só voorkom dat vog ontsnap. Soos ons verouder, word daar minder van hierdie lipiedes vervaardig. ’n Reiniger met ’n roomtekstuur versterk jou vel se lipiedelaag en sorg vir ’n sagte, soepel vel.

 

Hier is ons gunsteling-reinigers vir die winter

Doctor Duve Calming & Hydrating Cleansing Milk

Doctor Duve Calming & Hydrating Cleansing Milk (R750) bevat bestanddele wat irritasie verminder en jou vel teen omgewingskade beskerm. Beskikbaar by Skin Renewal-takke landwyd.

Clarins Cleansing Milk with Alpine Herbs of Gentian

Clarins Cleansing Milk (R275) verdik geleidelik sodra jy dit aanwend. Só sit onsuiwerhede daarin vas en word jou vel nie geïrriteer of getrek terwyl jy dit reinig nie. Die reeks bevat reinigingsrome vir 'n normale, droë en kombinasie-vel.

Elemis Pro-Radiance Cream Cleanser

Vir 'n jeugdige voorkoms probeer Elemis Pro-Radiance Cream Cleanser (R625). Dit bevat verskeie antioksidante en beskerm jou vel teen besoedeling. Beskikbaar by uitsoektakke van Edgars en Stuttafords.

Estée Lauder Perfectly Clean Creme Cleanser/Moisture Mask

Estée Lauder Perfectly Clean Creme Cleanser/Moisture Mask (R315) is geskik vir alle velsoorte en kan as 'n daaglikse reiniger of as 'n bevogtigende masker twee tot drie keer 'n week gebruik word.

Clinique Comforting Cream Cleanser

Vir 'n droë of sensitiewe vel is Clinique Comforting Cream Cleanser (R250) perfek. Masseer dit liggies op jou gesig om grimering en onsuiwerhede te verwyder.

Nivea Daily Essentials Gentle Cleansing Cream Wash

Jou vel sal sag en bevog voel danksy Nivea Daily Essentials Gentle Cleansing Cream Wash (R50) se sagte formule wat met natuurlike amandelolie aangevul is.

Neutrogena Extra Gentle Cleanser

Voed jou vel met Neutrogena Extra Gentle Cleanser (R85). Dié reiniger is seepvry en reukloos. Dit bevat vitamien E wat help om die vel soepel te maak.

Avon Milk and Honey Creamy Cleanser

Die natuurlike antioksidante in heuning beveg veroudering en hou die vel bevog. Probeer Avon Milk and Honey Creamy Cleanser (R50). Skakel 0860 102 345.

Payot Milky Cleansing Oil

Verwyder grimering en reinig jou gesig terselfdertyd met Payot Milky Cleansing Oil (R290). Dit bevat avokado-olie-ekstrak – perfek vir wanneer jy min tyd het.

Vichy Pureté Thermale Soothing Cleansing Milk

Vichy Pureté Thermale Soothing Cleansing Milk (R239) kalmeer jou vel. Dié reiniger hoef ook nie afgewas te word nie.

Kombineer jou basiese velsorg-roetine en ekstras só