Ons hou van

Dié 5 parfuumnote wakker romanse aan + sexy geure vir hom en haar

Valentynsdag is om die draai! Bederf jouself én die man in jou lewe met ’n verleidelike geur-geskenk. Omdat geur en emosie so nou verbind is, kan die reuk van parfuum en sekere parfuumnote jou sintuie stimuleer, opgewonde laat voel en selfs jou seksdrang prikkel, berig Refinery29.com. Dit laat jou ook begeerlik en spesiaal voel.

FOTO’s: Aktrise Rolanda Marais se wittebrood

Volgens parfuumkenners wakker dié vyf parfuumnote romanse aan…

Muskus

Muskus is een van die gesogste natuurlike bestanddele wat in parfuum gebruik word, maar dis ook een van die duurste rou materiale, selfs duurder as goud. Dié gewilde parfuumbestanddeel is oorspronklik verkry uit ’n klier van die muskushert wat in die Himalajas van Afghanistan tot China voorkom. Die meeste muskus wat vandag in parfuum gebruik word, is egter sinteties vervaardig. Danksy muskus se oorsprong het dit ’n sterk animalistiese geur wat sensueel en verleidelik is.

Vanielje

Hoewel die geur van vanielje maklik as gewoon afgemaak kan word, is dit ’n natuurlike wellusprikkel (aphrodisiac). Dis ’n warm reuk wat ons dikwels terugvoer na ons kinderdae, sê Jody Bunkell, plaaslike groep-kommunikasiehoof van Clarins, ook die verspreider van parfuums soos Azzaro. Die geur word ook wêreldwyd geassosieer met geluk.

Jasmyn

Die sensuele blomnoot het ’n groot aantrekkingskrag omdat dit ’n spesifieke aromatiese samestelling genaamd indool bevat wat ook natuurlik in die menslike liggaam vervaardig word.

Kruisement

Die kenmerkende vars geur van kruisement stimuleer jou sintuie en word geassosieer met opwinding en avontuur.

Laventel

Volgens kenners is mans en vrouens geneig om van vars en skoon reuke te hou, soos die kenmerkende soet geur van laventel.

Dít dra bekendes om selluliet weg te steek

Hier is ons keuse van die 10 sexyste geure vir hom en haar

Vir Haar: Revlon Love Is On (R399 vir 50 ml EDT)

Wees onweerstaanbaar met dié sensuele nuwe geur wat soet note van rose, framboos, sandelhout en vanielje bevat.

Vir Haar: Modern Muse Le Rouge (R1 440 vir 100 ml EDP)

Roos, framboos en pienkpeper word met vanielje, kuskusgras en jasmyn gekombineer in die gewilde vroulike geur.

Vir Haar: Marc Jacobs Decadence (R1 225 vir 50 ml EDP)

Dié luukse houtgeur bevat topnote van Italiaanse pruim, saffraan en iris, ’n sensuele hart van roos en jasmyn en ’n warm ná-geur van amber en kuskusgras. Die unieke parfuumbottel is egter die groot ster. Die vierkantige smaraggroen bottel is geïnspireer deur Marc Jacobs se kenmerkende handsakvorms en spog met ’n eksotiese gebuigde slangvel-doppie, goue ketting-detail en selfs ’n gelukbringer-tossel. By uitsoekwinkels van Edgars en Red Square

Vir Haar: DKNY Be Desired (R900 vir 50 ml EDP)

Die nuutste toevoeging tot die gewilde Be Delicious-geure ontplof met vars vrugtenote van pomelo, lemoen en swartbessie, waarna Turkse roos, jasmyn, sederhout en kasjmierhout herinner aan ’n immergroen stadstuin in New York.

Vir Haar: Moschino TOY (R960 vir 50 ml EDT)

Buiten die oulike teddiebeer-verpakking bevat dié geur ’n verleidelike basis van sandelhout en vanielje. By uitsoekwinkels van Edgars, Truworths en Stuttafords vir ’n beperkte tyd

Vir Hom: Viktor & Rolf Spicebomb Extreme (R1 195 vir 50 ml EDP)

Laventel saam met warmer geure soos swartpeper, vanielje en tabak gee aan die geur 'n sterk, manlike karakter.

Vir Hom: Azzaro Chrome Intense (R1 085 vir 100 ml EDT)

Sterk sitrusgeure word met kruisement en kardemom gekombineer vir 'n vars somersgeur vir hom.

Vir Hom: Aramis Black (R705 vir 60 ml EDT)

Dié swaarder, sexy mansgeur het unieke parfuumnote soos konjak, leer en kuskusgras.

Vir Hom: CK2 (895 vir 50 ml EDT)

’n vars houtgeur met onder meer note van wasabi, geelnartjie, kuskusgras, sandelhout en wierook wat kom in ’n minimalistiese pil-vormige bottel wat regop en omgekeer vertoon kan word.

Vir Hom: Dior Sauvage (R1 215 vir 100 ml EDT)

Bederf hom met die geurige parfuum met note van peper, sitroen, ambergrys, laventel en kuskusgras. Kyk hieronder na die smeulende advertensie-video waarin die sexy akteur Johnny Depp verskyn!

Kyk hiér na Dior Sauvage se smeulende advertensie-video met Johnny Depp

Bronne: www.refinery29.com, www.femalemag.com, www.wisegeek.com