FOTO: Twitter (@CriticsChoice)

FOTO: Twitter (@CriticsChoice)

Ons hou van

Die 7 mooistes by Critic’s Choice-toekennings + só kies ons hulle

Die Critic’s Choice-toekennings het gisteraand plaasgevind. Teen dié tyd weet ons al watter bekendes ons op die rooi tapyt moet dophou vir skoonheidsinspirasie en vanjaar se grootste trends. Die Critic’s Choice se gemaklike atmosfeer het in die verlede bekendes meer laat eksperimenteer met interessante haarstyle en gewaagde skoonheidsvoorkomste. Maar vanjaar het neutrale grimeervoorkomste en moeitelose haarstyle geseëvier, met net ’n paar verassings hier en daar.

Reën: Dansende boer vertel oor vreugde!

Hiér is die SARIE-skoonheidspan se sewe mooistes …

1. Alicia Vikander se nude oogskadu en sagpienk lipglans

2. Kirsten Dunst se wynrooi lipstiffie

3. Saoirse Ronan se romantiese halwe-opstyl en welige wenkbroue

4. Rachel McAdams se rooi lipglans en golwende lob

Ken jy jou rok-style?

5. January Jones se silwerblou oogskadu

 

6. Constance Wu se boheemse vlegsel

 

7. America Ferrera se lang wimpers en glansende vel

Aktrise ster van lipstiffie-advertensieveldtog… op 81!

Só kies ons ons skoonheid-gunstelinge…

Ná elke toekenningsgeleentheid hou die SARIE-skoonheidspan daarvan om ons gunsteling-voorkomste van die geleentheid te kies. Dit gee ons ’n goeie idee van opkomende tendense en inspireer ons om onder meer nuwe haarstyle, grimeertegnieke en manikuurskakerings uit te probeer.

Mooi bly maar net móói – ons hou van ’n skoonheidsvoorkoms as…

* die voorkoms (haarstyl, grimering en manikuur) by die persoon se uitrusting en algehele modevoorkoms pas

* die voorkoms in die mode is en nie verouderd lyk nie

* die voorkoms ons inspireer om self iets soortgelyks te probeer

* daar iets unieks of treffend aan die voorkoms is wat die persoon laat uitstaan op die rooi tapyt

Barbara se eerste (en maklikste) sjokoladekoek