FOTO: Instagram (@theacademy)

FOTO: Instagram (@theacademy)

Ons hou van

Naak op die rooi tapyt

Ons het nooit gedink die dag sal kom dat ons so min rooi lippe op die rooi tapyt sal sien nie. Maar vanjaar tydens die Oscars was die grootste skoonheidstrend nie rooi nie, maar nude. En met goeie rede. . .

Nude skakerings is van die gewildste onder vroue omdat dit die naaste aan jou natuurlike lipkleur is. Dit skep ’n natuurlike tog stylvolle en sjiek voorkoms en kan in een veeg moeiteloos aangewend word, sê Chris Williams, plaaslike grimeerkunstenaar vir Estée Lauder. Dra dit saam met ’n helderkleurige oogskadu of rokerige voorkoms om jou oë te beklemtoon en jy het ’n wen-kombinasie!

Sangeres Riana Nel se pienkvoet is hiér!

Kyk maar net na dié bekendes se pragtige nude skakerings op die Oscar-rooi tapyt

Cate Blanchett

Jennifer Garner

Charlize Theron

Het jy geweet? Charlize is mal oor rooibostee – lees meer!

Soms is dit moeilik om die regte skakering te vind sonder om bleek te lyk. Hier is wenke om ’n nude lipskakering te kies wat by jóú gelaat pas.

As jy ’n ligte velkleur het, kies nude skakerings met sagpienk of rooskleurige ondertone, soos Jennifer Lawrence en Rachel McAdams. Die geheim is om ’n “warmer” kleur op jou lippe te gebruik sodat daar ’n onderskeid tussen jou lippe en jou gesig is. Vir ’n baie wit, melkerige gelaat, soos Saoirse Ronan s’n, werk ’n deurskynende nude skakering met ’n glans-afwerking goed.

 

 

 

’n Olyfkleurige gelaat, soos Chrissy Teigen en Alicia Vikander, kan byna enige skakering van nude dra. Mik ook vir skakerings wat donkerder is as jou vel. Warm skakerings met karamel ondertone en ’n tikkie brons of glans lyk mooi op dié gelaatskleur. En niks komplementeer ’n bruingebrande vel so goed soos ’n eenvoudige nude lipglans nie.

 

 

Vir donkerder gelaatskleure, soos dié van Kerry Washington, is dit beter om ’n roserige nude skakering te kies wat ligter as jou vel is. Vermy skakerings met beige of grys ondertone. ’n Produk met ’n glans-afwerking lyk ook altyd mooi by ’n donker gelaatskleur.

Het jy geweet? ’n Warm nude skakering met ’n rosige ondertoon pas by die meeste gelaatskleure. Probeer gerus SARIE se eie Tikkieroos-lipstiffie wat jy saam met die Maart-uitgawe wat nóú te koop is kry.

’n Laaste wenk…

As jy vinnig ’n nude lipstiffie moet kies, toets ’n skakering deur dit net in die middel van jou lip aan te wend, stel die bekende grimeerkunstenaar Bobbi Brown voor. “As die kleur effens verdwyn, is dit die regte kleur. As dit aangeplak lyk, is die kleur te lig en as dit oranje voorkom, is die kleur te donker.”

Probeer dié nudes:

Vir ’n ligte gelaat

  • Dior Addict Lipstick in Bright (R615)
  • Chanel Rouge Coco Ultra Hydrating Lip Colour in Adrienne (R505)

Vir ’n olyfkleurige gelaat

  • Clinique Chubby Stick Moisturizing Lip Colour Balm in Whole Lotta Honey (R245)
  • L’Oréal Paris Infallible Mega Gloss in Resist Me (R140)

Vir ’n donker gelaat

  • Inglot Lipstick Matte in 415 (R229). By uitsoekwinkels van Edgars
  • Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting Gloss in Intense Spice (R315)

Bronne: www.byrdie.co.uk, www.marieclaire.co.uk, www.allure.com

5 moet-hê’s vir jou herfskas