Ons hou van

Die een naelkleur wat by álles pas

Het die gewilde sanger Rihanna dalk die een naellakskakering wat by alle uitrustings pas, ontdek? Die Grammy-bekroonde kunstenaar is bekend vir haar dramatiese manikure. Maar by verlede naweek se VMA-toekennings het sy aanhangers verras deur met ’n doodeenvoudige vuilpienk naelkleur, met ’n tikkie blink in, op die rooi tapyt te verskyn, berig E News aanlyn.

Rihanna se naelkunstenaar Kimmie Kyees het later onthul waarom sy dié subtiele skakering vir die ster gekies het: “Ons wou ’n kleur gebruik wat by al haar verskillende uitrustings en grimeervoorkomste van die aand sou pas. Daarom het ons ’n sagte vuilpienk gekies wat subtiel blink en fantasties lyk by haar velkleur,” het Kimmie aan E News vertel.

Dié skakering pas inderdaad by byna alle modekleure. Die sagpienk is vroulik, terwyl subtiele grys en pers ondertone dit ’n moderne kinkel gee. Donkerder en ligter variasies van die kleur sal net so goed werk.

Hiér is van Rihanna se verskillende voorkomste tydens die VMA-toekennings:

 

 

 

Probeer dié naellakke:

O.P.I Nail Lacquer in Humidi-Tea (R205)

The Body Shop Colour Crush Nail Colour in Meet Me At Dusk (R80)

Wet n Wild Nails 1 Step Wonder Gel Nail Color in Stay Classy (R80). By Clicks

essie Nail Lacquer in Lady Like (R125)

Sally Hansen Complete Salon Manicure in Mudslide (R100)

Bronne: www.eonline.com

Lees nou

Die duurste musiekvideo’s in geskiedenis

Kyk watter haarstyl was gewild in jóú geboortejaar!