Ons hou van

Die geur van die Bahamas

India Hicks het egter besluit om die eiland-lewe van die Bahamas haar tuiste te maak saam met haar man en 4 kinders.

Hierdie blyplek het haar só geïnspireer met sy blomme en geure dat sy verlede jaar saam met Crabtree & Evelyn haar eie parfuum & lyfsorgreeks bekend gestel het.

Haar tweede parfuum, wat pas bekend gestel is, India Hicks Island Night (R550 vir 100 ml EDT), is geïnspireer deur India se gunsteling-tyd op die eiland: skemer.

“Wanneer skemer oor die eiland val, gebeur iets moois. Heelwat blomme vou toe in die aand, maar ander begin dan eers blom en stuur hul geur – soos ‘n liefdesbrief – fluisterend deur die lug,” sê sy.

Vir meer inligting, besoek Crabtree & Evelyn.