Ons hou van

Die geur van granaat

Granaat (wat propvol antioksidante is) word met argan- en druiwepitoliegekombineer vir ’n luukse nuwe hand- en lyfsorgreeks

Dié Engelse skoonheidshuis is in 1972 gestig, maar die storie agter die Crabtree & Evelyn-naam begin al in die 17de eeu. Dit is geïnspireer deur John Evelyn, ‘n natuur- en bewaringliefhebber wat regoor Europa gereis het. Hy het ‘n dagboek van sy reise gehou waarin hy elke detail aangeteken het en was bekend vir die ongelooflike tuine wat op sy landgoed aangelê het. Vandaar die Crabtree & Evelyn-motto van “Explore everything. Keep the best”.

Die Crab Apple Tree (houtappelboom)is inheems aan Brittanje en bekend vir sy mooi vorm, dié dat dit as die logo van die handelsmerk gekies is. 

* The Pomegrante Collection is vanaf April 2012 beskikbaar.