sr0903skoonnou_03_copy
Ons hou van

Die geur van rose

Iets spesiaals vir iemand spesiaals … In die Victoriaanse era het elke kleur roos ‘n eie boodskap oorgedra: rooi was ‘n simbool van ewigdurende liefde, pienk het gestaan vir elegansie, geel vir omgee en pers vir betowering.

Nou kan jy self soos vars rose ruik met Jo Malone Red Roses Cologne (R520 vir 30 ml EDP), wat bestaan uit sewe soorte rose wat regoor die wêreld voorkom. Hierdie geur is op Valentynsdag in 1996 bekendgestel, maar is vandag nog steeds gewild oor die opbeurende en misterieuse geurnote.

Besoek hul aanlyn by www.jomalone.co.za. Of laat die produkte gratis by jou huis aflewer, tel. 0800 005526