Ons hou van

Die geur van Shakira

Shakira het baie tyd en aandag daaraan bestee om iets te ontwikkel wat haar unieke, borrelende persoonlikheid in ’n geur vasvang. Die eindproduk is S by Shakira (R390 vir 50ml EDT).

Sy wou ’n parfuum hê wat op jou vel bly en jou verbeelding stimuleer. S by Shakira is ’n geur vir vroue soos sy wat deur hulle drome geïnspireer word.

Dié Oosterse geur het note van jasmyn, vanielje en sandelhout en dit bly talm nog lank ná jy dit aangesit het.

* S by Shakira sal vanaf einde Augustus by Foschini, Edgars, Truworths en Dis-Chem-takke beskikbaar wees. 

Hier’s die advertensie – so sexy soos net Shakira kan!