Ons hou van

20′ Die klassieke bob

Dié styl is geïnspireer deur die 20’s se flappers, ’n nuwe geslag onafhanklike, sterk vroue. Dit was die eerste “bekende” kort haarstyl vir vroue en is destyds nogal as gewaagd en skokkend beskou.

DRA DIT NOU SÓ
’n Stompgesnyde bob lyk goed by reguit én krullerige hare van medium-dikte. Skep die illusie van volume by dun hare met lae wat in “veertjies” by die punte gesny word, of sny definitiewe, geleidelike lae om growwe hare dunner en meer beheerbaar te maak.  Onthou: ’n Gladde, skouerlengte bob laat jou gesig langer lyk, terwyl ’n kort, krullerige bob met ’n lang kuif jou gesig ronder laat lyk. – Zana Young, eienaar van Hairtista in Johannesburg,

Kry Hollywood-inspirasie by
Katie Holmes vir lank ’n bob-meisie, Uma Thurman en Eva Longoria.

Top-styl winter 2010
Die shaggy bob

Dié styl is nou nommer 1! Dis effens deurmekaar en is die byderwetse weergawe van die klassieke bob. Aan die voorkant word tekstuur geskep deur in die hare in te sny om die soliede lyn te breek. Die agterkant is gewoonlik korter as die voorkant. Daar is nie een soliede lyn in hierdie styl nie, behalwe miskien die kuif, wat stomp gesny kan word, maar ook ingeskakeer kan word om by die res van die styl te pas.
– Huey Tilley.