FOTO Instagram / @amalia1uys

FOTO Instagram / @amalia1uys

Ons hou van

Celebs – die mooiste haar-transformasies van 2016

As daar een ding is waarvoor celebs lief is, is dit om met hul hare te eksperimenteer! Of dit ’n nuwe haarkleur, -snit, -verlengings of selfs ’n geskeerde ondersnit (undercut) is – daar’s vir seker ’n bekende wat vanjaar al so ’n haarstyl gedra het. Hiér wys ons jou die grootste haar-transformasies van 2016. Wie weet? Dalk inspireer van die style jou om óók ’n bietjie pret met jou hare te hê!

Die plaaslike aktrise Amalia Uys het verlede week dié foto gedeel van haar nuwe balayage-haarkleur, waar ligstrepies met die vry hand aan jou hare aangeverf word sodat dit lyk asof die son dit natuurlik gekleur het. Ons is mal daaroor!

Hilary Duff

Dié aktrise eksperimenteer al sedert die begin van die jaar met haar hare. Sy het eers haar lang blonde lokke vir ’n kort pienk bob verruil. Later het sy met reënboogkleure geëksperimenteer. Sy het weer haar hare blond gekleur en verlede week ’n kuif laat sny.

Love when I get to spend the afternoon with @etienneortega and he makes me look like this thanks buddy A photo posted by Hilary Duff (@hilaryduff) on

 

Kyk ook na dié bekendes se uiteenlopende haar-transformasies:

Rolene Strauss

Die SA skoonheid het aan die begin van die jaar haar lang lokke verruil vir die gewilde korter lob-styl.

Sarah Hyland

Die aktrise Sarah Hyland het met ’n gemmerrooi haarkleur geëksperimenteer voordat sy haar kapsel weer moes blond kleur vir haar rol in die gewilde TV-reeks Modern Family.

Lily Collins

Die aktrise Lily Collins het haar vurige helderrooi haardos weer ’n mooi donkerbruin gekleur.

Leandie du Randt Bosch

Vir die somer het Leandie haar lang hare in ’n lob met stomp punte en ’n kuif gesny.

Simoné Nortmann

Die SA aktrise Simoné Nortmann moes haar hare rooi kleur vir haar rol in die fliek Vir die Voëls. Sy het dit onlangs weer blond gekleur.

Halle Berry

Die aktrise Halle Berry het ’n gewilde Instagram-haartrend gevolg … Die 49-jarige het vroeër vanjaar ’n ondersnit (undercut) met ’n blompatroon net bo haar nek gekry.

Lucy Hale

Die aktrise Lucy Hale spog sedert die einde van die laaste seisoen van die TV-reeks Pretty Little Liars met ’n nuwe ombré blonde haarkleur.

America Ferrera

Dié aktrise lyk byna onherkenbaar nadat sy verlede maand haar hare in ’n kort bob laat sny het en blonde ligstrepe ingesit het.

Anne Hathaway

Ná ’n paar maande as blondine het die aktrise Anne Hathaway teruggekeer na ’n donkerbruin skakering.

Kylie Jenner

Die werklikheidster eksperimenteer graag met kleur. Sy het eers haar donker hare verruil vir ’n platinumblond. Deesdae het sy blonde hare met ’n ligpienk tint.

Emma Roberts

Ná ’n paar maande van rooigoud gekleurde hare is dié 25-jarige aktrise nou weer ’n blondine.

Jenna Dewan Tatum

Kuiwe is nou groot nuus! Die Step Up-aktrise het ook besluit om vir haar ’n kuif te laat sny.

Fergie

Die sanger Fergie se lang hare is nou in ’n lob gesny met donker strepe by haar haarwortels.

 

Bronne: www.instyle.com, www.allure.com

Lees nou

Ons wys jou stap vir stap hoe om te grimeer

VIDEO: Pasop vir dié 7 haarwasfoute