avon_imari_1333x1024
Ons hou van

Die nuwe Imari Elixir

Daar’s ’n nuwe toevoeging tot die Imari-famiie – dié keer stel Avon ’n intense aanloklike nuwe geur bekend vir die vrou wat weet wat sy wil hê.

Maak jou oë toe, haal diep asem en gee jou oor aan jou diepste begeertes. Imari Elixir met sy ryk en aanloklike Oosterse blomme-geur straal hipnotiese sensualiteit uit. ’n Donker en misterieuse sensualiteit wat net so bedwelmend as bevrydend is. Imari Elixir… waar passie verdiep. Dié geur skep ’n helder en boeiende aura wat jou sintuie aangryp en jou siel voed.  bottel

Verleidelike sappige swart bessie-geursel speel met moderne note van vars groen appel en vonke van sprankelende mandaryn. Die eerste indruk van dié reuk sal jou mees intense passie vrystel. Die passie verdiep verder deur Imari Elixir se omvouende middelnote van blomme. Die reuk van luukse jasmyn vermeng met sensuele roos en die aanloklike blommereuk van ilang-ilang.

Die geur se bo-note is warm en ryk. Sensuele rooi amber, hipnotiese vanielje en eksotiese patchouli voeg ’n magnetiese en gesofistikeerde geur by wat jou diepste begeertes sal vervul.

Vir die bekendstelling van dié betowerende geur, kyk in die Augustus-brosjure van Avon na die volledige Imari Elixir-stel wat insluit: 50ml Eau de Toilette, 150g geparfumeerde vel versagter en die 40ml Antiperspirant Deodorant Roll on – vir net R199. Dit beteken jy spaar R150!