Ons hou van

Die romantiese voorkoms

Ligte kleure, veral pastelkleure, op jou oë skep onmiddellik ’n romantiese gevoel.

Kies ’n helder kleur vir jou lippe en probeer veral ’n mat tekstuur. ’n Pienk blosser sal dié voorkoms afrond deur ’n gesonde, verliefde gloed aan jou gelaat te los.

Sonder ’n sagte haarstyl sal dié voorkoms nie tot sy reg kom nie. Volg die ballerina-gier en dra ’n lae, los bolla, of maak die boonste hare vas en steek ’n wit blom in soos Pippa Middleton, óf kry inspirasie by Kate en dra sagte, los krulle.