Emma Stone FOTO: Christopher Polk/WireImage via Image.net

Emma Stone FOTO: Christopher Polk/WireImage via Image.net

Ons hou van

Die SAG-toekennings: Ons skoonheidsgunstelinge

Die Screen Actors Guild-toekennings het gisteraand plaasgevind. Hoewel dié geleentheid ’n meer informele atmosfeer as die Oscars het, het bekendes steeds geskitter in rooi lippe, rokerige oë en sagte golwende hare.

Hiér is ons gunsteling-skoonheidsvoorkomste:

Die 3 mooiste rokke by die SAG-toekennings

Keira Knightley

Hoewel dié swanger aktrise se voorkoms by die Golden Globe-toekennings onder kritiek deurgeloop het, dink ons haar effens deurmekaar hare en pers rokerige oë is in die kol! Haar grimering pas perfek by haar helderpers Erdem-rok, terwyl haar sagte krulle gemaklik is. Ons is ook mal oor die tikkie glans wat haar groot oorbel aan haar voorkoms gee.

Keira Knightley FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net

Keira Knightley FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net

Lupita Nyong’o

Die Oscar-bekroonde Lupita sit gewoonlik nie ’n mode- of skoonheidsvoet verkeerd nie. Die skakering van haar helderrooi lippe pas perfek by haar gelaatskleur en komplementeer die rooi in haar rok, terwyl sy spog met ’n interessante vlegsel-bolla. Boonop is ons jaloers op haar foutlose en stralende vel.

Lupita Nyong'o FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net

Lupita Nyong’o FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net

Lupita het voor die toekennings dié foto op haar Instagram-profiel gedeel.

RED RED, WHICH RED? #sneakpeak @sagawards @lancomeusa

A photo posted by Lupita Nyong’o (@lupitanyongo) on

Dié sterre het vanjaar tydens die SAG-toekennings gewen!

Rosamund Pike

Die Gone Girl-aktrise lyk super-sjiek met haar kort bob-haarstyl en bloedrooi lippe, terwyl die res van haar grimering eenvoudig is. Nes Keira Knightley bewys sy dat ’n gemaklike haarstyl op die rooi tapyt steeds stylvol en glansryk kan wees.

Rosamund Pike FOTO: Kevin Mazur/WireImage via Image.net

Rosamund Pike FOTO: Kevin Mazur/WireImage via Image.net

Julianne Moore

Julianne Moore het haar glinsterende seegroen rok gekomplementeer met sagte krulle en ’n middelpaadjie wat ’n tikkie drama en glans by haar voorkoms voeg. Sy wys ook dat ’n rokerige voorkoms vir jou oë op enige ouderdom gedra kan word.

Julianne Moore FOTO: WireImage via Image.net

Julianne Moore FOTO: WireImage via Image.net

Emma Stone

Emma Stone sit dié toekenningseisoen sover nie ’n voet verkeerd nie. Nes haar voorkoms by die Golden Globe-toekennings het Emma gegaan vir ’n ou-Hollywood grimeervoorkoms en dit afgerond met ’n sjiek poniestert. Daarby het die Birdman-aktrise ook haar voorkoms opgehelder met ’n diamant-oorbel.

Emma Stone FOTO: Christopher Polk/WireImagevia Image.net

Emma Stone FOTO: Christopher Polk/WireImagevia Image.net

Skoonheid-gunstelinge by die Golden Globe-toekennings