FOTO: Elmari de Vos

FOTO: Elmari de Vos

Ons hou van

In die SARIE-kantoor: Gou-gou gereed

So elke nou en dan loop dinge verkeerd en jy kom vyf minute later as gewoonlik in jou motor, net om die verkeer op sy slegste te vang! Jy kan dié verlore tyd terugwen deur ’n paar aanpassings in jou skoonheidsroetine te maak.

Die SARIE-skoonheidspan deel ons gunsteling-wenke!

Charis Labuschagne

Veeldoelige BB-room
Soms, as ek nie tyd het om ‘n vogroom én ‘n sonskerm én onderlaag aan te wend nie, trek ek sommer my BB-room nader wat als in een doen. Dan vereis my skoonheidsroetine in die oggend net ‘n paar minute. – Charis Labuschagne, skoonheidsredakteur


FOTO: verskaf

Spaar tyd én parfuum
Ek spuit my parfuum in die lug en loop vinnig daardeur. Boonop hou die reuk van die parfuum wat op jou hare val die hele dag. – Liesl du Toit, skoonheid-assistent

 


FOTO: verskaf


Wees haarslim

As die tyd baie min is en ek het nog nie my hare gewas nie, was ek net my kuif by die wasbak en blaas dit vinnig droog. As jou kuif skoon is, lyk die res van jou hare ook sommer skoon. – Elmari de Vos, skoonheid-intern.