Grimering
Ons hou van

In die SARIE-kantoor: Grimering om van te kies en te kleur

SARIE se skoonheidstoor is die meeste vroue se droomplek – die kaste, rakke en laaie is propvol van ons gunsteling-grimering. Oogskadu, blosser, maskara en lipstiffie in al die kleure van die reënboog word hier gebêre. Vandag deel ons die mooiste skakerings in die stoor met jou!

Oogskadu’s in pers, groen én neutrale skakerings! Hier is iets vir elke oogkleur. Is jy ook so opgewonde om die somerneiging van helder oogskadu te begin toets?

SARIE gee raad – so kies jy oogskadu in die regte kleur!

In die SARIE-stoor is daar ‘n maskara vir elke behoefte. Jy kan jou oë die indruk van vals wimpers gee, jou wimpers ekstra volume gee of dit bloot mooi beklemtoon!

 

 

 

 

‘n Tikkie blosser laat jou enige tyd van die dag (of nag) vars voel. Kyk net al die mooi skakerings!

‘n Grimeervoorkoms is nie perfek voordat jy dit met die regte lipstiffie afgerond het nie. Ons eksperimenteer ‘n bietjie met die lipstiffies in ons voorraad – van die helderste pienk of rooi tot ligte neutrale kleure!

Dit is hoe jy jou lipstiffie se ware kleur op jou lippe kan wys!