FOTO: Elmari de Vos

FOTO: Elmari de Vos

Ons hou van

In die SARIE-kantoor: Skoonheid net waar jy kyk!

Skoonheid is oral om ons. Veral as jy winkels toe gaan… Met ’n onlangse besoek aan Sandton City in Johannesburg was daar in dié winkelsentrum inspirerende bemarking van skoonheidsprodukte net waar jy kyk. Hier is die interessante advertensies wat Sandton City oorneem – van die roltrappe tot die gange!

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

Valentino se parfuum Valentina het ’n veldtog met romantiese foto’s in wit-en-swart. Dié sagte blomgeur word in Sandton City teen ’n pilaar én roltrappe geadverteer.

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

 

Nóg ’n inspirerende parfuum, Carolina Herrera se Pink Wish, is dié maand in ’n beperkte geur te kry as deel van  internasionale borskankermaand. Baniere met dié parfuum is voor die ingang van Edgars in Sandton City uitgestal.

 

 

Lees hier meer oor Carolina Herrera se borskankerveldtog

Jy het vroeër vanjaar al gelees oor die nuwe weergawe van Estée Lauder se Advanced Night Repair Serum wat jou vel herstel terwyl jy slaap. Dié serum se advertensies is op die roltrappe voor die winkels Zara en Cotton On.

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

Wat jy moet weet oor serums!

Die roltrappe voor Woolworths het ’n metamorfose ondergaan met die bemarking van Elizabeth Arden se nuwe reeks velsorgprodukte, Skin Illuminating. Daar hang boonop  ‘n advertensiebord uit die dak by dié roltrappe!

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

 

 

Dié produkte is ontwikkel om jou vel af te skilfer, porieë te verklein, lig beter te weerkaats en jou vel meer egalig te laat lyk.

 

 

 

 

Ook Clinique het ’n stel roltrappe in dié winkelsentrum oorgeneem. Dié skoonheidshuis se Even Better-produkte word ook bemark met interessante blok-baniere wat uit die dak bokant die roltrap hang. Hierdie produkte is ontwikkel om jou veltoon meer egalig te laat lyk.

FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

Watter skoonheidsadvertensie in jou naaste winkelsentrum inspireer jou? Neem ’n foto en deel dit met ons op Twitter of Instagram met die hashtag #SARIEskoonheid.