Fotograaf: Ulrich Knoblauch by Supernova; Model: Roxanne by Boss; Hare en grimering: Bernice Dodd by Infidels

Ons hou van

In die skoonheidstoor: Haarprodukte vir ’n strand-tekstuur PLUS kry só die voorkoms

Ons sien almal uit na luilekker dae op die strand. Intussen kan jy solank die strandvoorkoms skep met ‘n soutsproei wat tans baie gewild is. Hiér is die SARIE-skoonheidspan se gunstelinge uit die skoonheidstoor, plus ons wys jou hoe om dié gewilde haarvoorkoms in ’n kits te kry.

 

1. Trevor Sorbie Styling Salt Texture Spray (R120): ’n Sout-haarsproei wat op nat of droë hare gebruik kan word en jou hare ’n mat-voorkoms gee.

Styling Salt Texture Spray

Trevor Sorbie Styling Salt Texture Spray (R120)

2. Toni & Guy Sea Salt Texturising Spray (R120): Kry sagte strandgolwe wat heeldag sal hou met dié soutsproei. Spuit dit in jou hare en krap jou hare liggies met jou vingers deurmekaar. By Clicks.

casual_sea_salt_supply

Toni & Guy Sea Salt Texturising Spray (R120)

Opwindende nuwe haarreekse in SA – lees meer!

3. Schwarzkopf Professional OSiS+ Session Label Salt Spray (R230): Spuit die soutsproei in jou hare ná jy dit met ’n handdoek drooggemaak het en blaas jou hare rofweg droog vir hope volume. By uitsoeksalonne.

osis schwarzkopf

Schwarzkopf Professional OSiS+ Session Label Salt Spray (R230)

4. Kevin Murphy Hair Resort Beach Texturiser (R350): Dié stileringsjel sal jou hare ’n perfekte strandvoorkoms en tekstuur gee sonder om jou hare grof of olierig te laat. Omdat dit ’n jel is, is dit vinnig en maklik om aan te wend, veral as jy byvoorbeeld net jou haarpunte ’n bietjie tekstuur wil gee. By uitsoeksalonne.

Kevin Murphy Hair Resort Beach Texturiser

Kevin Murphy Hair Resort Beach Texturiser (R350)

5. Kérastase Spray à Porter (R275): Omdat dié haarsproei ook hare in plek hou, is dit perfek vir wanneer jy jou hare in ’n gemaklike styl wil stileer. Dit beskerm boonop jou hare teen hitte en UV-strale. By uitsoeksalonne.

SPRAY-A PORTER-

Kérastase Spray à Porter (R275)

Ook in die skoonheidstoor: Serums vir daaglikse gebruik

Volg dié maklike stappe om jou hare ’n gemaklike strandvoorkoms te skep:

Stap 1: Spuit ’n soutsproei in jou hare terwyl dit nog klam is.

Stap 2: Werk met ’n kleinerige seksie (gebruik groter seksies vir groter golwe en andersom) van jou hare op ’n slag. Verdeel die seksie in twee dele en draai die twee dele om mekaar.

Stap 3: Terwyl jy die gedraaide seksie hare met jou een hand vashou, vat jou haaryster en knyp die gedraaide haarseksie van bo na onder plek-plek vas.

Stap 4: Wag tot die gedraaide haarseksie afgekoel is en trek dan die twee haardele uit mekaar.

Stap 5: Herhaal die eerste vier stappe oor jou hele kop en rond jou haarstyl af met ’n haarsproei.

Wenk: Maak seker jou gedraaide haarseksies is heeltemal afgekoel voordat jy die dele uitmekaar trek. Dit is dié afkoelproses wat die sagte golwe laat hou.

Kyk hiér na ‘n stap-vir-stap-video om jou hare ‘n strandvoorkoms te gee.

Ons toets: Stileerwaks vir kort hare