Ons hou van

In die skoonheidstoor: Lyfrome vir die winter

Sukkel jy met droë vel?

Die SARIE-skoonheidspan het dié week ons gunsteling-hande- en lyfrome uit die skoonheidstoor gaan kies.

lyfroom nommers

1. Dove Intensive Nourishment Body Lotion (R40 vir 400 ml): Red jou ekstra droë vel met dié lyfroom wat ’n kombinasie van olie en room bevat vir diep bevogtiging.

2. Nivea Body Moisturiser Cocoa Butter (R37): Kakaobotter is tans ’n gewilde bestandeel in skoonheidsprodukte. Hierdie lyfroom sal jou lyf heeldag vogtig hou, en dit ruik boonop lekker.

3. Cetaphil Restoraderm Skin Restoring Body Moisturiser (R198): Vir sensitiewe vel wat geneig is tot allergiese reaksies is dié reuk- en preserveermiddelvrye room ideaal.

4. Vaseline Men Fast Absorbing Lotion (R25 vir 350 ml): Besige mans sal baat vind by hierdie lyfroom omdat dit spesiaal geformuleer is om droë vel binne 15 sekondes te bevogtig.

Kies só tussen ’n lyfvloeiroom, lyfroom en lyfbotter

5. Palmer’s Cocoa Butter Formula Moisturizing Gel Oil SPF15 (R107): Hierdie jel-olie kan reg oor die lyf gebruik word vir ’n natuurlike glans. Dit word vinnig geabsorbeer en bied ook beskerming teen die son.

6. Avroy Shlain Body Essence Nourishing Tissue Oil (R180 vir 100 ml): Met ’n unieke samestelling van olies soos avokado-, amandel- en nagblomolie los hierdie produk jou vel soepel en gesond. Skakel 0860 114 182

7. Avon Care Cocoa Butter Revitalising Moisture Hand Cream (R41): Klop wintershande met dié sensuele lekkerruik-handeroom. Skakel 0860 102 345

8. Vaseline Healthy Hand & Nail Conditioning (R17 vir 75 ml): Dié handeroom bevogtig nie net jou hande nie, maar bevat ook keratien en vitamien E wat bros naels ook versterk.

Maak jou eie lyfbotter!