skoonheidstoor naels
Ons hou van

In die skoonheidstoor: Naelprodukte vir lente

Bederf jouself dié lente met naellak-skakerings en naelprodukte vir elke smaak. Kies uit pastelle, metaal-skakerings of die immergewilde rooi. Hiér is die SARIE-skoonheidspan se gunstelinge uit die skoonheidstoor.

skoonheidstoor naels nommers

1. essie Nail Polish in Fashion Playground en Hide & Go Chic (R119 elk): Dié naellak-versameling is geïnspireer deur lente se gewildste modekleure en tendense. Probeer dié liggroen pastelskakering en komplementeer dit met ’n spatsel helderblou. By Clicks en Foschini vir ’n beperkte tyd.

2. REVLON Nail Enamel in Moroccan Oasis en Copa Sunsent (R100 elk): Inspirasie uit die Midde-Ooste is ook tans ’n gewilde tendens in die skoonheidswêreld. Laat jou manikuur glinster met dié skakerings wat herinner aan ’n somer-sonsondergang.

3. Ice Box Nail Colors in Northern Lights en Vanilla Ice (R110 elk vir 15 ml): ’n Goue skakering op jou naels sal mooi lyk by ’n sonbruin vel, terwyl ’n silwer skakering perfek is vir ’n ligte vel. Kies tussen dié twee skakerings om jou voorkoms af te rond met ’n tikkie glans. By Dis-Chem.

Die Gary Rom-blog: Haarkleur-trends vir lente 2014

4. Dior Vernis Couture Colour Gel Shine And Long Wear Nail Lacquer in Rose Tutu en Spring (R315 elk): Vir ’n speelse en vrolike voorkoms vir jou naels is dié twee skakerings perfek. Boonop sorg die jel-formule ook dat die naellak langer mooi bly. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd.

5. Chanel Le Vernis Nail Colour in Tapage (R355): Klassieke rooi naels sal altyd in die mode wees. Jy sal aandag trek met dié helder skakering. Moenie jou rooi lippe vergeet nie!

6. Elegant Touch Miss Elegant Touch Candy Dip in Bubblegum en Peppermint (R80 elk): As jy avontuurlustig voel, probeer dié splinternuwe nael-dips. Doop jou naels in blinkers in skakerings van pienk en blou, elk met ’n unieke lekkergoed-geur. By Dis-Chem.

Neon-kleure vir jou naels en lippe – kry die voorkoms só!

7. Sorbet Harden Nail Polish Remover (R40): Danksy malva-olie en vitamien E en B5 kan jy hardnekkige naellak verwyder, terwyl jy ook jou naels versterk en bevog.

8. Tweezerman Essential Grooming Kit (R495): ’n Naelstelletjie wat maklik in jou handsak pas – perfek vir ’n nael-noodgeval. By Dis-Chem.

Stap-vir-stap: Blommekuns op jou naels