FOTO: Instagram (@nicolerichie)

Ons hou van

In die skoonheidstoor: Pastelle PLUS Nicole Richie se nuwe pers hare

Die SARIE-skoonheidspan het die afgelope tyd soveel produkte in pastel-skakerings gekry dat ons dit net moes deel. Dié sagte kleure is super-vroulik en tans ’n groot trend in die skoonheidswêreld. Hier is van ons gunstelinge:

Dior Trianon Collection

Dié reeks het produkte in verskeie pastelle vir jou oë, lippe, vel én naels. Kies een gelaatstrek waarop jy die fokus wil plaas en moenie dit oral op jou gesig gebruik nie. Hou die res van jou grimering neutraal.  Ons is veral mal oor die Dior Vernis Trianon Edition in Porcelaine (R290) en Dior Trianon Palette (R845). Vir ’n beperkte tyd beskikbaar.

FOTO: Dior

FOTO: Dior

FOTO: Dior

FOTO: Dior

Justine Pretty in Pastel (R425 vir 50 ml EDP)

Dié splinternuwe parfuum is net so sag soos die pragtige pastelpienk bottel waarin dit is. Die note is: Roos, jasmyn, swartbessie, perske, amber en vanielje. Beskikbaar vanaf 1 Maart. Skakel 0860 102 345.

Tweezerman Mini Slant Tweezer (R180 elk)

’n Klein tangetjie is ’n moet-hê in elke handsak of grimeersakkie. Só kan jy jou wenkbroue enige plek en enige tyd in toom hou! Ons hou veral van die nuwe pastelkleure van dié tangetjies. By Dis-Chem.

41P+3vFGkZL png

essence me & my ice cream

Hulle is bekend vir hul beperkte uitgawes wat pas by die huidige trends – en boonop is al hul produkte sakpas! Dié beperkte uitgawe van essence het ’n verskeidenheid produkte wat naelplakkers, naellak, oogskadu en verligter insluit. Daar is selfs handelappies wat soos aarbei ruik! Pryse wissel van R17 – R45. Vanaf Maart beskikbaar by Clicks.

essence png

Marc Anthony 2nd Day Dry Shampoo (R100)

Ons was mal oor die ligpienk verpakking van dié droë-sjampoe. Spuit dit aan jou hare op ’n nie-wasdag om van alle olie ontslae te raak en jou hare op te kikker.

201311214341_marcanthony2nddaycleardryshampoopng

* Die produkpryse is slegs voorgestelde pryse en kan wissel van winkel tot winkel.

Pastel-hare!

Die sanger Lionel Richie se dogter, Nicole, het onlangs dié foto van haarself met ligpers hare op haar Instagram gedeel.

FOTO: Instagram (@nicolerichie)

FOTO: Instagram (@nicolerichie)

* Wat dink jy? Sal jy dié kleur hare dra?