group
Ons hou van

In die skoonheidstoor: 4 nuwe verbronsers

’n Verbronser kan jou gelaat in ’n japtrap opkikker en sorg vir ’n bietjie kleur. Hier is 4 van die nuutstes wat in die skoonheidstoor beland het.

Revlon Photoready Skinlights Face Illuminator in Bronze Light (R189)

revlon

 

 

 

 

 

 

 

 

Dié vloeibare formule gly lekker maklik aan en skakeer ook sonder moeite. Dra dit op jou wangbene en brug van jou neus, of meng dit met jou onderlaag om jou vel te laat straal.

M.A.C Bronzing Powder in Love, Rihanna (R400)

mac

 

 

Ons is mal oor die reekse wat Rihanna saam met M.A.C geskep het, veral dié verbronser met 2 skakerings in hul beperkte Holiday Collection.

 

 

 

 

 

Cargo Cosmetics Swimmables Water Resistant Bronzer (R305)

cargo

 

 

Dié verbronser is perfek vir die warm somermaande omdat dit waterbestand is! Die skakering is ideaal vir alle velkleure en jy kan dit selfs aan jou sleutelbene en skouers tik vir ’n gesonde gloed.

By Clicks.

 

 

 

Michael Kors Bronze Powder in Flush (R550)

michael kors

 

 

 

Dié ligte skakering werk veral goed as jy ’n baie ligte velkleur het omdat dit sorg vir ’n gesonde, rosige voorkoms.

By uitsoektakke van Stuttafords.

 

 

 

*Wend só verbronser aan